Dr Stadler Kirsten Logo

Elmboog Probleme

Algemeen

Elmboog Anatomie

Die elmboog word opgemaak uit 3 bene met spiere, senings en ligamente wat hulle aanmekaar heg. Die 3 bene is die radius en ulna wat die voorarm uitmaak en die humerus wat die bo-arm uitmaak. Die elmboog word gebruik om swaar ladings te dra en dit posisioneer die hand in ruimte. Hierdie kontrasterende take vereis 'n elmboog wat beide stabiel en mobiel is.

Die elmboog is 'n skarniergewrig waar die einde van die humerus pas in 'n keep in die ulna. Dit laat stabiele fleksie en ekstensie van die elmboog toe. Die radius konnekteer aan die humerus deur 'n bal-en-potjiegewrig wat rotasie van die voorarm moontlik maak en die hand mobiel maak.

4 groepe spiere is verantwoordelik vir beweging oor die elmboog. Die fleksor pronator groep heg aan die binnekant van die humerus en flekseer die pols en draai die palm van die hand na onder. Die ekstensor supinator groep heg aan die buitekant van die humerus. Hulle funksie is om die pols te ekstendeer en die palm na bo te draai. Die trisepsspier se werk is om die elmboog reguit te maak of ekstendeer, terwyl die bragialis en bisepsspiere die elmboog buig of flekseer. Terwyl die bisepsspier verantwoordelik is vir 'n mate van elmboog fleksie, is sy hoofdoel om die palm van die hand na bo te draai. Dit word bewerkstellig deur die radius te roteer wanneer hierdie spier saamtrek.

Meganisme van besering

Die elmboog kan beseer word as gevolg van trauma, oorgebruik of degenerasie wat plaasvind oor tyd. Trauma is die hoofoorsaak van bewering in jong mense. Val op 'n uitgestrekte hand of 'n val wat ly tot 'n skielike rotasie oor die elmboog kan ly tot frakture en ontwrigtings. Herhalende gebruik van die elmboog is 'n algemene besering daarvan. Mense wie se beroepe herhalende werk soos skrynwerkers, masjiniste en tiksters behels, is veral vatbaar daarvoor. Atlete wat aan sport deelneem wat stres oor die elmboog veroorsaak, soos bofbal, tennis, golf en sagte bal, kan elmboogpyn ontwikkel. Normale verwering oor die gewrig kan plaasvind oor 'n leeftyd en ly tot skeure van die senings en ligamente sonder 'n spesifieke besering.

Laai Elmboog Anatomie dokument af

 

Wat is Artroskopie?

Die woord artroskopie kom van 'n Griekse woord artros (gewig) en skopos (om te kyk). In vandag se terme is dit 'n prosedure wat dit moontlik maak om die binnekant en die spasie rondom die gewrig te beskou ten einde beskadigde weefsel en letsels op te spoor en te behandel.

Die artroskoop laat die chirurg toe om die besering te sien en dit te behandel met spesiale klein instrumente.

Artroskopie vereis klein insnydings en pasiënte herstel vinniger en met 'n korter na-operatiewe pynperiode as met oop chirurgie. Pasiënte is ook in staat om vroeër huis toe te gaan na 'n artroskopiese prosedure.

Artroskopiese chirurgie is 'n gevorderde chirurgiese tegniek met minder risiko's vir pasiënte en met uitstekende resultate.

Elke jaar word duisende mense behandel met artroskopiese chirurgie. Indien deur 'n ervare ortopediese spesialis uitgevoer, is hierdie 'n innoverende prosedure en kan help om pyn te verlig en die kwaliteit van lewe te verbeter.

Laai Wat Is Artroskopie dokument af

Meer inligting: http://orthoinfo.aaos.org/topic.cfm?topic=A00109

 

Diagnostiese Artroskopie

Inleiding

Diagnostiese artroskopie maak dit moontlik om diagnose en behandeling van die gewrig uit te voer deur klein insnydings. 'n Kamera wat aan 'n teleskoop verbind is maak dit moontlik om in die gewrig te sien.

Insnyding

Klein insnydings word rondom die gewrig gemaak waardeur die skoop en chirurgiese instrumente geplaas word.

Besigtiging

'n Elektroliet oplossing vloei deur 'n buis in die elmbooggewrig in en laat die kapsel uitsit vir beter sig. Die beeld word gestuur na 'n monitor waarop die chirurg kan sien wat in die gewrig aangaan.

Diagnose

Met die video monitor as hulpmiddel kan die chirurg die diagnose bevestig. 'n Verskeidenheid van chirurgiese instrumente kan gebruik word om die operasie uit te voer.

Einde van prosedure

Chirurgiese instrumente word na die prosedure verwyder en die arm word tydelik in 'n stutver-band immobiliseer.

Laai Diagnostiese Artroskopie dokument af

Meer inligting: http://www.orthoinfo.org/topic.cfm?topic=A00646

 

Potensiële Risiko’s vir Artroskopiese Skouer en Elmboog Chirurgie

Narkose:

Komplikasies is nie algemeen nie maar mag soms voorkom. Bespreek asseblief enige vrae aangaande narkose komplikasies met die narkotiseer wat u voor die chirurgie sien. As daar enige allergië vir medikasie is of as u huidiglik enige medikasie neem, noem dit ook vir die narkotiseer.

Infeksie:

Voorsorg word getref om infeksie te keer wat insluit spesiale voorbereiding van die vel, steriele tegniek en die gebruik van antibiotika waar nodig. As infeksie egter wel ontstaan mag dit verdere chirurgie of hospitalisasie beteken.

Oormatige bloeding of swelling:

Swelling ontstaan as 'n resultaat van die vloeistof wat gebruik word gedurende die artroskopiese prosedure en dit klaar gewoonlik op binne 'n paar uur na die operasie. Enige bloeding wat voorkom is gewoonlik in die vorm van vlek van die verbande. In sommige gevalle kan bloeding wel in die skouer- of elmbooggewrig versamel in welke geval dit verwyder moet word.

Kontratuur van die gewrig:

Die kapsel of saamgestelde ligamente rondom 'n gewrig kan reageer op die operasie en die beweeglikheid van die skouer inperk vir 'n tydperk na so 'n prosedure. Hierdie kontraktuur kan somtyds voortduur vir 2 tot 3 maande na chirurgie. Dit hef gewoonlik volledig op. 'n Oefenprogram word ingestel vanaf kort na die prosedure om sulke kontrakture tot 'n minimum te beperk maar die graad van so 'n kontraktuur wissel van persoon tot persoon. Dit is selde nodig vir verdere behandeling om so 'n kontraktuur uiteindelik op te hef.

Breek van instrumente:

Dit is moontlik dat 'n gedeelte van 'n klein chirurgiese instrument mag afbreek binne die gewrig. Hierdie komplikasie gebeur selde en indien dit gebeur kan dit gewoonlik verwyder word met artroskopiese tegnieke. In sommige gevalle mag 'n insnyding nodig wees om die gedeelte van 'n instrument te verwyder.

Senuwee skade:

'n Paar kleiner senuwees en enkele baie belangrike senuwees kruis oor die gewrig waar die operasie gedoen word en kan beskadig word deur 'n chirurgiese prosedure. Hierdie komplikasie gebeur selde en chirurgiese tegnieke is daarop gemik om dit te vermy, maar wanneer dit gebeur kan dit ernstige gevolge hê wat bykomende behandeling kan vereis.

Sensasieverlies of pyn:

Klein sensasie senuwees lê direk onder die vel en naby van die insnyding areas vir artroskopie. Gedurende die inplaas van 'n artroskoop is dit moonlik om hierdie klein senuwees te beskadig wat dan die gevolg het van 'n area van gevoelsverlies of 'n gefokusde area van pyn en velsensi-tiwiteit. Hierdie simptome klaar gewoonlik op oor tyd.

Laai Potensiële Risiko Dokument af