Dr Stadler Kirsten Logo

Skouer Probleme

Frakture

Sleutelbeen (klavikel) fraktuur

Oorsig:

Die sleutelbeen konnekteer die sternum of borsbeen met die bladbeen deur aanhegtings aan die akromion en korakoïed proses van die bladbeen (skapula). Die klavikel lê net onder die vel en is een van die bene wat mees algemeen gebreek word in die menslike liggaam. Meerderheid van frakture vind plaas in die middelste derde maar frakture vind ook plaas aan die skouer se kant sowel as aan die sternum se einde.

Oorsake:

Die klavikel breek gewoonlik wanneer iemand direk op die skouer val maar kan ook breek wanneer daar op 'n uitgestrekte arm geval word. Kragtige impak oor die klavikel soos met motorvoertuig ongelukke of direkte impak oor die klavikel met sportaktiwiteite veroorsaak ook frakture. Soms kan pasgeborenes se klavikel gebreek word soos die baba deur die geboortekanaal beweeg.

Simptome:

Klavikel frakture is gewoonlik erg pynlik met plaaslike teerheid en beperkte vermoë om die skouer te beweeg. Swelling en kneusing kom voor en daar mag 'n knop of 'n punt onder die vel gevoel word of selfs gesien word. In sekere gevalle kan 'n glip of 'n kraakgevoel oor die fraktuur ervaar word tydens skouerbewegings.

Klassifikasie:

Daar is 'n verskeidenheid van klassifikasies beskibkaar, maar oor die algemeen word frakture geklassifiseer oor die posisie waar dit breek, of dit verplaas is of nie en of daar ander strukture betrokke is by die fraktuur soos die korakoklavikulêre ligamente en die akromioklavikulêre gewrig.

Behandeling:

Wanneer die beenfragmente nie verplaas is nie word meeste klavikel frakture met 'n stutverband of 'n figuur 8-verband behandel wat die arm ondersteun totdat hegte genesing oor tyd plaasvind. Wanneer dit egter wyd verplaas is of wanneer daar wanhegting plaasvind, mag chirurgiese herstel nodig wees. Prosedures verskil na aanleiding van die graad en die area van die fraktuur, maar dit behels gewoonlik instrumentasie wat die been ordentlik belyn en die belyning behou totdat die been genees het.

Klik hier vir die drukbare dokument Sleutelbeen (klavikel) fraktuur.

Meer info: http://www.orthoinfo.org/topic.cfm?topic=A00072

 

Humerus fraktuur

Oorsig:

Die humerus is die langbeen van die bo-arm wat die skouer en die elmboog met mekaar verbind. Frakture van die skouer in die omgewing van die humerus word proksimale humerus frakture genoem en kan die humerus kop, anatomiese of chirurgiese nek en die areas tussenin behels. Proksimale humerus frakture is van die meer algemene frakture wat voorkom in die liggaam.

Oorsake:

Frakture van die humerus kop is gewoonlik meer algemeen in ouer persone. Verswakking as gevolg van osteoporose verhoog die waarskynlikheid van frakture van die proksimale humerus gedurende 'n val, veral wanneer daar op 'n uitgestrekte arm te lande gekom word. Ander humerus frakture ontstaan deur direkte impak oor die area tydens botsings soos in 'n motorvoertuigongeluk.

Simptome:

Proksimale humerus frakture is gewoonlik erg pynlik en behels erge swelling en kneusing van die skouer. In sommige gevalle kan ontwrigting van die kop plaasvind met 'n duidelike deformiteit wat sigbaar is. Beweging is gewoonlik erg ingeperk as gevolg van pyn.

Klassifikasie:

Verskeie klassifikasies is reeds beskryf. In die algemeen word dit geklassifiseer volgens waar die fraktuur ontstaan, of dit verplaas is en of daar 'n moontlikheid is van afsny van bloedvoorsiening na die verplaasde fragmente. Dit hang ook af van of die humerus kop ontwrig is of nie en in hoeveel gedeeltes die been gefragmenteer is.

Behandeling:

Proksimale humerus frakture se behandeling berus hoofsaaklik op waar die fraktuur plaasgevind het, of dit verplaas is en of die rotatorkraag aanhegtingspunte betrek is by die fraktuur. Meeste frakture is nie noemenswaardig verplaas nie en kan behandel word met 'n sling met vroeë omvang van beweging oefeninge terwyl die been genees. Erge verplaasde frakture mag chirurgie benodig waar die fragmente versigtig aan mekaar gefikseer word met instrumentasie. Somtyds moet 'n gedeelte van die been ook verwyder word wanneer dit vervang word met 'n prostese. Die aanhegtingspunte van die rotatorkraag is baie belangrik en daar moet gewoonlik aandag gegee word aan die sorgvuldige fiksasie van hierdie gedeeltes om goeie skouerbeweging uiteindelik tot gevolg te hê.

Video:

Video

Klik hier vir die drukbare dokument Humerus fraktuur.

Meer info: http://www.orthoinfo.org/topic.cfm?topic=A00394

 

Skapula fraktuur

Oorsig:

Die skapula of bladbeen vorm saam met die humerus en klavikel die skouergewrig waaraan die skouergordelspiere geheg is. Die laterale rand van die skapula nek word die glenoïed fossa genoem en vorm die potjie gedeelte van die skouer se bal-en-potjie gewrig. Die skapula en al sy uitsteeksels of prosesse word deur die omliggende spiere van die borskas, rug en skouer beskerm. Daarom is skapula frakture nie algemeen nie. Wanneer hulle wel voorkom vind die frakture plaas deur die skapula se liggaam en sy spina en word die glenoïed nek, glenoïed holte, die akromion en die korakoïed proses in hierdie volgorde van frekwensie betrek.

Oorsake:

Oorsake van meeste skapula frakture is hoë energie trauma soos wanneer iemand van 'n hoogte val of in motorongelukke. Hierdie toestande veroorsaak gewoonlik bykomende beserings soos ribfrakture, longbeserings, hoofbeserings, humerus frakture en werwel frakture.

Simptome:

Dit mag wissel na aanleiding van die spesifieke area waar die fraktuur plaasvind maar behels gewoonlik pyn en swelling en inperking van beweging van die arm sowel as teerheid oor die skouer en soms ook ontwrigting van die skouergewrig.

Klassifikasie:

Daar is verskeie klassifikasies wat gevolg kan word. Oor die algemeen word frakture geklassifi-seer volgens waar dit voorkom, die fraktuurpatroon en of die frakture in kombinasie met ander areas voorkom. Veelvuldige frakture kom ook voor.

Behandeling:

Behandeling wissel na aanleiding van die uitgebreidheid en die ligging van die fraktuur. Die meerderheid van gevalle genees op sigself en word behandel met 'n stutverband om die arm stil te hou en vroeë oefeninge om omvang van beweging te verkry. Wanneer daar noemenswaardige betrekking van die glenoïed nek, die glenoïed holte of die gewrigsopper-vlaktes van die glenoïed is, of wanneer die vel oor die fraktuur gepenetreer is, word chirurgie uitgevoer om dit te herstel. Dit behels gewoonlik instrumentasie waarmee die frakture gestabi-liseer word totdat dit genees is.

Klik hier vir die drukbare dokument Skapula fraktuur.

Meer info: http://www.orthoinfo.org/topic.cfm?topic=A00359