Dr JS Kirsten Shoulder and Elbow
Home
English
  • About Us
  • Upper Limb Issues
  • Patient Info Form
  • Contact Us
Tuis
Afrikaans
  • Omtrent Ons
  • Boonste Ledemaat Kwessies
  • Pasiënt Inligtingsvorm
  • Kontak Ons
Dr JS Kirsten Shoulder and Elbow
Home
English
  • About Us
  • Upper Limb Issues
  • Patient Info Form
  • Contact Us
Tuis
Afrikaans
  • Omtrent Ons
  • Boonste Ledemaat Kwessies
  • Pasiënt Inligtingsvorm
  • Kontak Ons
More
  • Home
  • English
    • About Us
    • Upper Limb Issues
    • Patient Info Form
    • Contact Us
  • Tuis
  • Afrikaans
    • Omtrent Ons
    • Boonste Ledemaat Kwessies
    • Pasiënt Inligtingsvorm
    • Kontak Ons
  • Home
  • English
    • About Us
    • Upper Limb Issues
    • Patient Info Form
    • Contact Us
  • Tuis
  • Afrikaans
    • Omtrent Ons
    • Boonste Ledemaat Kwessies
    • Pasiënt Inligtingsvorm
    • Kontak Ons

Verklewende Kapsulitis/ Frozen Shoulder/ Kontraktuur

Gevriesde Skouer

Die skouergewrig het die vermoë om wye bewegings toe te laat weens die sakvormige aard van die saamgestelde ligamente of kapsel wat die gewrig omvou. Ontsteking van hierdie kapsel kan spontaan ontstaan, na besering of na operasie. Dit neig om meer gereeld te gebeur in persone tussen 45 en 65 jaar oud, diabete en mense met skildklier toestande.


Wanneer dit spontaan ontstaan kan dit beweging inperk vir 18 - 24 maande en pyn met gebruik van die skouer is die ergste in die eerste 6 - 8 maande. Sou dit na besering of operasie ontstaan veroorsaak dit pyn en inperking van beweging vir 2 - 3 maande daarna.


Die ontstaan van kapsulitis kan nie voorspel word nie. Wanneer dit ná 'n skouer operasie ontstaan, word die resultaat van die operasie met maande vertraag, maar die uiteindelike resultaat word selde benadeel.

Ontvries van die skouer deur gebruik van die boonste ledemaat binne pynperke en pynverligtingsmedikasie soos nodig, is standaard behandeling. Kortisoon inspuiting word in sekere gevalle gebruik.


Operasie vir kapsulitis gee 'n twyfelagtige kans op verligting en word slegs in langstaande gevalle met erge simptome gedoen. Dit behels die losskeur van die kapsel deur manipulasie met of sonder die deursny van die kapsel met behulp van artroskopie tegniek.

Meer Inligting

Artikel: https://orthoinfo.aaos.org/en/diseases--conditions/frozen-shoulder

Dr JS Kirsten Incorporated

See Outcome of Request and of Fees Payable Form and Request for Access to Record Form on Home Page

Copyright © 2024 Dr JS Kirsten Inc - All Rights Reserved.

This website uses cookies.

We use cookies to analyze website traffic and optimize your website experience. By accepting our use of cookies, your data will be aggregated with all other user data.

Accept