Dr JS Kirsten Shoulder and Elbow
Home
English
  • About Us
  • Upper Limb Issues
  • Patient Info Form
  • Contact Us
Tuis
Afrikaans
  • Omtrent Ons
  • Boonste Ledemaat Kwessies
  • Pasiënt Inligtingsvorm
  • Kontak Ons
Dr JS Kirsten Shoulder and Elbow
Home
English
  • About Us
  • Upper Limb Issues
  • Patient Info Form
  • Contact Us
Tuis
Afrikaans
  • Omtrent Ons
  • Boonste Ledemaat Kwessies
  • Pasiënt Inligtingsvorm
  • Kontak Ons
More
  • Home
  • English
    • About Us
    • Upper Limb Issues
    • Patient Info Form
    • Contact Us
  • Tuis
  • Afrikaans
    • Omtrent Ons
    • Boonste Ledemaat Kwessies
    • Pasiënt Inligtingsvorm
    • Kontak Ons
  • Home
  • English
    • About Us
    • Upper Limb Issues
    • Patient Info Form
    • Contact Us
  • Tuis
  • Afrikaans
    • Omtrent Ons
    • Boonste Ledemaat Kwessies
    • Pasiënt Inligtingsvorm
    • Kontak Ons

Kalsifiserende Tendinitis

Kalsifiserende Tendinitis

Oorsig

Die rotatorkraag is 'n groep van 4 spiere met senings naamlik die supraspinatus, infraspinatus, subskapularus en teres minor. Hierdie spiere en senings heg die bo-armbeen (humerus) aan die bladbeen (scapula).Hulle werk behels dat hulle die balvormige humerus kop in die potjievormige glenoïed fossa stabiliseer en hou die gewrig aanmekaar deur 'n wye reeds van bewegings wat andersins die humerus kop sou ontwrig het. Kalsifiserende tendinitis behels 'n versameling van kalsiumneerslag in een of meer van hierdie senings. Tydens die proses van neerlegging van kalsium en veral tydens die heropname van hierdie kalsuimversameling, ontstaan 'n ontstekingsproses wat pyn veroorsaak en daarmee saam beperking van die beweeglikheid van die skouergewrig.

Oorsake

Die oorsaak van kalsifiserende tendinitis is nog nie duidelik bekend nie maar dit blyk om deels van plaaslike drukking op die tendon en 'n suurstof tekort in hierdie area van die weefsel te ontstaan. Daar is ook aanduidings dat sekere individue 'n hoër geneigdheid het tot hierdie toestand op 'n genetiese basis.

Daar is verskillende fases waarin hierdie toestand ontstaan, maar dit is gewoonlik die later fases waar die kalsium reeds neergelê is in die tendonweefsel of waar dit besig is om deur die liggaam opgeneem te word wanneer pyn begin ontstaan.

Simptome

Erge pyn, veral met spesifieke skouerbewegings is teenwoordig. Ander bewegings is weer pynloos. Nagpyn kom voor en dit is pynlik om op die aangetaste skouer te lê.

Klassifikasie

Kalsifiserende tendinitis word geklassifiseer volgens die grootte van die tendon en ook die voorkoms daarvan sowel as waar in die tendon dit geleë is.

Daar is ook ander tipe kalsifikasies wat in die senings voorkom wat gevorm het as gevolg van verwering van hierdie senings. Verloop van hierdie laasgenoemde toestand is anders as die van klassieke kalsifiserende tendinitis.

Behandeling

Kalsifiserende tendinitis se behandeling behels rus van die skouer, anti-inflammatoriese medikasie en fisioterapie. Die arm kan tydens nagrus op 'n kussing geplaas word in 'n gemaklike posisie. In akute gevalle wat nie reageer op bogenoemde nie, kan kortisoon infiltrasie toegedien word.

Kalsifiserende tendinitis neig oor die algemeen om spontaan op te klaar maar in gevalle waar pynverligting nie voldoende is met bogenoemde tegnieke nie, sal 'n naaldprik dekalsifikasie of artroskopiese dekalsifikasie aangewend word om die liggaam te help met die opruim van die kalsiumversameling. Dit word ook soms gekombineer, waar aangedui, met akromioplastie wat ten doel het om wrywing oor die aangetasde tendon te verminder.

Kalsifiserende Tendinitis Dokument

Kalsifiserende Tendinitis (pdf)Download

Dr JS Kirsten Incorporated

See Outcome of Request and of Fees Payable Form and Request for Access to Record Form on Home Page

Copyright © 2024 Dr JS Kirsten Inc - All Rights Reserved.

This website uses cookies.

We use cookies to analyze website traffic and optimize your website experience. By accepting our use of cookies, your data will be aggregated with all other user data.

Accept