Die labrum is 'n taai fibreuse struktuur wat die glenoïed holte verdiep en help om die humerus kop in plek te hou gedurende skouer rotasie. Dit dien ook as 'n aanhegting van die lang kop van die biseps spier en ligamente wat help om die skouer te stabiliseer. Besering van die skouer mag aanleiding gee tot skeur van hierdie ligamente of die biseps sening en kan 'n skeur van die labrum van sy aanhegting op die glenoïed fossa tot gevolg hê.
Wanneer die labrum skeur kan die humerus gedeeltelik of ten volle uit die potjie uit gly. Onvoldoende genesing van die labrumskeur kan lei tot skouer onstabiliteit waar die skouer voortdurend gedeeltelik uitgly (sublukseer) of ten volle ontwrig. Die labrum kan ook fraiings vorm as gevolg van beskadiging deur herhalende bewegings wat verwering oor tyd tot gevolg het.
Labrumskeure word tipies veroorsaak deur trauma en is algemeen tydens skouerontwrigtings. Dit mag ook met herhalende bewegings tydens fisiese werks- of sportaktiwiteite soos gooi, gewigoptel of raket sporte voorkom.
Pyn, klik, vashak, beperkte omvang van sekere bewegings kom voor met labrum skeure. Sommige labrumskeure kan egter pynvry wees.
Labrumskeure word geklassifiseer van waar hulle voorkom op die glenoïed rant. Besering van die superior labrum word na verwys as SLAP-letsels, (Superior Labrum van Anterior na Posterior). Hierdie letsels ontstaan tipies waar die lang kop van biseps vasheg aan die labrum. Skade aan die anteroinferior gedeelte van die labrum word 'n Bankart-letsel genoem. Minder algemene beserings is die posterior aspek van die labrum en wat voorkom in pasiënte wat gooi tydens hulle sportaktiwiteite of met besering waartydens die humerus kop na agter forseer word. Dit veroorsaak forsering van die humerus kop teen of oor die posterior gedeelte van die labrum.
Behandeling van labrumskeure hang af van die tipe skade wat plaasgevind het. Fraiings wat ontstaan as gevolg van besering kan behandel word deur wegsny en afwerk van die geskeurde labrum met artroskopiese tegnieke. In gevalle waar die labrum losgeskeur het van die glenoïed kan oop of artroskopiese tegnieke gebruik word om die labrum weer vas te heg aan die glenoïed rant met beenankers en hegtingsmateriaal.
Die skouergewrig is 'n komplekse gewrig met 'n bal-en-potjie-ontwerp wat beweging in verskeie rigtings toelaat.
Skoueronstabiliteit en ontwrigting gebeur wanneer die gewrig in 'n rigting geforseer word sodat die kapsel skeur en/of die labrum lostrek vanaf die glenoïed aanhegting.
Klein insnydings word om die skouer gemaak waardeur die artroskoop en die chirurgiese instrumente geplaas word vir die operasie.
'n Elektroliet oplossing vloei deur ‘n buis of kanule in die skouer in om die kapsel van die skouer te laat uitsit sodat besigtiging van die gewrig verbeter word. Die beeld word gestuur na 'n video monitor sodat die chirurg kan sien wat in die gewrig aangaan en om werk te doen.
Chirurgiese instrumente word in die gewrig geplaas en word gebruik om die labrum terug te heg aan die glenoïed met behulp van beenankers en hegtingsmateriaal wat aan hierdie ankers vas is.
Sodra die labrum herstel is word die chirurgiese instrumente verwyder en 'n rehabilitasie program volg hierna.
Die skouergewrig is 'n komplekse gewrig met 'n bal-en-potjie-ontwerp wat beweging in verskeie rigtings toelaat.
Skoueronstabiliteit en ontwrigting gebeur wanneer die gewrig in 'n rigting geforseer word sodat die kapsel skeur en/of die labrum lostrek vanaf die glenoïed aanhegting.
Klein insnydings word rondom die gewrig gemaak waardeur die artroskoop en chirurgiese instrumente geplaas word vir die operasie.
'n Elektroliet oplossing vloei deur die buis of kanile in die skouer in om die kapsel van die skouer te laat uitsit sodat besigtiging van die gewrig verbeter word. Die beeld word gestuur na 'n video monitor sodat die chirurg kan sien wat in die gewrig aangaan.
'n Chirurgiese instrument word in die gewrig geplaas en word gebruik om die labrum terug te heg aan die glenoïed met behulp van beenankers en hegtingsmateriaal wat aan hierdie ankers vas is.
Sodra die labrum herstel vasgeheg is word die chirurgiese instrumente verwyder en 'n rehabilitasie program volg hierna.
Die skouergewrig is 'n komplekse gewrig met 'n bal-en-potjie-ontwerp wat beweging in verskeie rigtings toelaat.
Skoueronstabiliteit en ontwrigting gebeur wanneer die gewrig in 'n rigting geforseer word sodat die kapsel skeur en/of die labrum lostrek vanaf die glenoïed aanhegting.
Klein insnydings word rondom die gewrig gemaak waardeur die artroskoop en chirurgiese instrumente geplaas word.
'n Elektroliet oplossing word deur 'n buis gevoer in die skouergewrig in wat die skouerkapsel uitsit en wat besigtiging van die gewrig makliker maak.
Die geskeurde en verfraiingde labrum veroorsaak pyn en irritasie in die skouer. Spesiale chirurgiese instrumentplaat word in die skouer geplaas en die beskadigde weefsel word verwyder totdat die labrum gelyk afgewerk is.
Na herstel van die labrum word die chirurgiese instrumente verwyder. Die skouer word verbind en die arm word tydelik in 'n stutverband geplaas.
Dr JS Kirsten Incorporated
See Outcome of Request and of Fees Payable Form and Request for Access to Record Form on Home Page
Copyright © 2024 Dr JS Kirsten Inc - All Rights Reserved.
We use cookies to analyze website traffic and optimize your website experience. By accepting our use of cookies, your data will be aggregated with all other user data.