Dr JS Kirsten Shoulder and Elbow
Home
English
  • About Us
  • Upper Limb Issues
  • Patient Info Form
  • Contact Us
Tuis
Afrikaans
  • Omtrent Ons
  • Boonste Ledemaat Kwessies
  • Pasiënt Inligtingsvorm
  • Kontak Ons
Dr JS Kirsten Shoulder and Elbow
Home
English
  • About Us
  • Upper Limb Issues
  • Patient Info Form
  • Contact Us
Tuis
Afrikaans
  • Omtrent Ons
  • Boonste Ledemaat Kwessies
  • Pasiënt Inligtingsvorm
  • Kontak Ons
More
  • Home
  • English
    • About Us
    • Upper Limb Issues
    • Patient Info Form
    • Contact Us
  • Tuis
  • Afrikaans
    • Omtrent Ons
    • Boonste Ledemaat Kwessies
    • Pasiënt Inligtingsvorm
    • Kontak Ons
  • Home
  • English
    • About Us
    • Upper Limb Issues
    • Patient Info Form
    • Contact Us
  • Tuis
  • Afrikaans
    • Omtrent Ons
    • Boonste Ledemaat Kwessies
    • Pasiënt Inligtingsvorm
    • Kontak Ons

Omtrent Ons

Dr JS Kirsten

Dr Kirsten bedryf 'n privaat ortopediese chirurgie diens by Medikliniek, Louis Leipoldt, Bellville, Wes-Kaap, sedert 1999.  Hy werk op boonste ledemaat probleme en het die ortopediese skouer chirurgie opset gevestig by hierdie hospitaal kort nadat hy met sy praktyk begin het.

As 'n uitbreiding van sy diens is hy betrokke by die skouer en elmboog eenheid te Tygerberg akademiese hospitaal, Bellville.


Hy het gekwalifiseer as 'n mediese dokter deur die Universiteit van Pretoria in 1987 en was betrokke by artroskopiese werk sedert sy aanstelling in ortopediese chirurgie by II Militêre Hospitaal, Kaapstad, in 1992.  Gedurende sy nagraadse rotasie het hand- en skouer chirurgie die grootste deel uitgemaak van sy opleiding en hy het gekwalifiseer as 'n ortopediese chirurg deur die Universiteit van Stellenbosch in 1989.

Spesiale Belangstellings

  • Frakture en ontwrigtings van die boonste ledemaat, insluitende sport- en werksverwante beserings
  • Ligament besering of onstabiliteit van gewrigte van die boonste ledemaat
  • Degeneratiewe (verwering) toestande en artritis van die boonste ledemaat
  • Artroskopiese chirurgie van die skouer, elmboog en pols
  • Rekonstruktiewe chirurgie van die skouer, elmboog en pols
  • Artroplastie (prostetiese vervangings) van die skouer en elmboog
  • Senuwee en tendon toestande van die boonste ledemaat


Daar moet gewaak word om in isolasie te werk in die mediese veld. Daarom vind hy groot waarde in die voortgesette professionele ontwikkeling met:


  • Vergaderings en werkswinkels op internasionale en plaaslike vlak. (Lees meer)
  • Werk met kollegas op gevallestudies en operasies op 'n maandelikse basis
  • Kleingroep besprekings en vergaderings van skouer en elmboog gevalle op 'n maandelikse basis
  • Literatuur studie om hierdie vergaderings te ondersteun
  • Persoonlike kommunikasie met en besoeke aan internasionale erkende chirurge.


Pyn in die skouer, elmboog, pols en arm beperk kwaliteit van lewe en slaap en het 'n negatiewe impak op aktiwiteite van daaglikse lewe, sport en werk. Nie-operatiewe behandeling word aangewend waar toepaslik voordat chirurgie oorweeg word.


Internasionaal getoetste (uitkomsgebaseerde) benadering tot en tegnieke vir die diagnose, mediese behandeling, chirurgie en rehabilitasie word deur Dr Kirsten gevolg.

Curriculum Vitae

Opleiding

  • MBChB 1987 Pretoria
  • MMed (Orthop) 1999 Stellenbosch


Lidmaatskap

  • Suid Afrikaanse Skouer en Elmboog Chirurge Vereniging
  • Suid Afrikaanse Ortopediese Vereniging


Aanstellings:

  • Voormalige president van die Suid Afrikaanse Skouer en Elmboog Chirurge Vereniging Januarie 2020 tot Desember 2022
  • President van die Suid Afrikaanse Skouer en Elmboog Chirurge Vereniging - Januarie 2018 tot Desember 2019
  • Mede-organiseerder van die maandelikse Skouer en Elmboog belangegroep vergaderings vir die Skiereiland en Boland  sedert 2010
  • Voorsitter van die Westelike Provinsie tak van die Suid Afrikaanse Ortopediese Vereniging - Januarie 2008 tot Maart 2010
  • Sekretaris van die Westelike Provinsie tak van die Suid-Afrikaanse Ortopediese Vereniging - Januarie 2004 tot November 2005
  • Resensent vir die Suid-Afrikaanse Ortopediese Joernaal
  • Resensent vir die Shoulder and Elbow Journal of the British Elbow and Shoulder Society


Voordragte:

  • Die behandeling van De Quervain's tenosinovitis. Aangebied by die Suid Afrikaanse Ortopediese Vereniging kongres, 1998
  • Opleiding van teaterpersoneel oor artroskopiese skouer chirurgie, Desember 2002
  • Benadering tot die diagnose van skouerpyn, September 2002
  • Skouer biomeganika en rotatorkraag toestande, Februarie 2003
  • X-straal ondersoeke van die skouer, Augustus 2003
  • Normale anatomie, artroskopiese akromioplastie en akromioklavikulêre gewrigeksisie, Januarie 2003
  • Skouerpyn in die handearbeider, 2005
  • Glenohumerale onstabiliteit 2007
  • Terugvoer sessies by die Universiteit van Stellenbosch Departement van Ortopediese Chirurgie oor die 10de Internasionale Kongres van Skouer en Elmboog Chirurgie gehou in Salvador, Brazilië, 2007
  • Elmboogprobleme in atlete 2011
  • Ektra-artikulêre kortisoon behandeling
  • Olekranon Bursitis
  • Skouer artroskopie basiese opstelling
  • Akromioplastie en rotatorkraagherstel
  • Anterior sagteweefsel onstbiliteitsherstel


Ondervinding

  • Ortopediese en artroskopiese chirurgie sedert 1990
  • Ortopediese privaatpraktyk sedert 1999
  • Spesiale belangstelling in boonste ledemaat toestande en beserings sedert 1994
  • Ontwikkel boonste ledemaat diens sedert 2000
  • In gereelde konsultasie met ervare kollegas plaaslik en internasionaal


Voortgesette professionele ontwikkeling oor die afgelope 2 jaar

  • Bywoon van en bydrae tot akademiese vergaderings en kliniese werkswinkels is deel van verbetering van diens en volg van nuutste ontwikkelings in boonste ledemaat chirurgie
  • 2020 Suid Afrikaanse Ortopediese Vereniging Kongres - Moderator en paneellid
  • 2020 British Elebow and Shoulder Ssociety International scientific meeting & instructional course - Afgevaardigde
  • 2020 Mayo Clinic Teach the Teachers Elbow Course - Forging the Future - Afgevaardigde
  • 2020 SASSH Wrist Refresher Course - Cape Town - Afgevaardigde
  • 2019 International Congress of Shoulder and Elbow Surgery - Beunos Aires - Verteenwoordig die Vereniging van Suid Afrikaanse Skouer en Elmboog Chirurge as president
  • 2019 Combined 65th South African Orthopaedic Congress - Durban - Kursus organiseerder en president van die Vereniging van Suid Afrikaanse Skouer en Elmboog Chirurge 
  • 2019 South African Shoulder and Elbow Surgeons Meeting - Somerset West - Kursus organiseerder en president van die Vereniging van Suid Afrikaanse Skouer en Elmboog Chirurge 

Dr JS Kirsten Incorporated

See Outcome of Request and of Fees Payable Form and Request for Access to Record Form on Home Page

Copyright © 2024 Dr JS Kirsten Inc - All Rights Reserved.

This website uses cookies.

We use cookies to analyze website traffic and optimize your website experience. By accepting our use of cookies, your data will be aggregated with all other user data.

Accept