Dr JS Kirsten Shoulder and Elbow
Home
English
  • About Us
  • Upper Limb Issues
  • Patient Info Form
  • Contact Us
Tuis
Afrikaans
  • Omtrent Ons
  • Boonste Ledemaat Kwessies
  • Pasiënt Inligtingsvorm
  • Kontak Ons
Dr JS Kirsten Shoulder and Elbow
Home
English
  • About Us
  • Upper Limb Issues
  • Patient Info Form
  • Contact Us
Tuis
Afrikaans
  • Omtrent Ons
  • Boonste Ledemaat Kwessies
  • Pasiënt Inligtingsvorm
  • Kontak Ons
More
  • Home
  • English
    • About Us
    • Upper Limb Issues
    • Patient Info Form
    • Contact Us
  • Tuis
  • Afrikaans
    • Omtrent Ons
    • Boonste Ledemaat Kwessies
    • Pasiënt Inligtingsvorm
    • Kontak Ons
  • Home
  • English
    • About Us
    • Upper Limb Issues
    • Patient Info Form
    • Contact Us
  • Tuis
  • Afrikaans
    • Omtrent Ons
    • Boonste Ledemaat Kwessies
    • Pasiënt Inligtingsvorm
    • Kontak Ons

Sagte Weefsel Ontsteking

Laterale Epikondilitis (Tennis Elmboog)Mediale Epikondilitis (Golf Dlmboog)Olekranon Bursitis

Laterale Epikondilitis (Tennis Elmboog)

Oorsig

Laterale epikondilitis of tennis elmboog is verwering en ontsteking van die tendons van die spiere wat die pols ekstendeer. Pyn word ervaar waar die tendons aan die benige prominensie op die buitekant van die elmboog vaskom. Hierdie benige prominensie word die laterale epikondiel genoem. 'n Tweede benige prominensie op die binnekant van die elmboog word die mediale epikondiel genoem. Ontsteking in hierdie areas word beskryf as epikondilitis. 'n Ander term vir tennis elmboog is pols ekstensor tendinitis

Oorsaak

Oorgebruik is die mees algemeenste oorsaak daarvan. Pasiënte met beroepe wat herhalende beweging vereis soos tiksters, masjiniste of skrynwerkers, het 'n groter kans om dit te ontwikkel. Atlete wat deelneem aan raketsport, bofbal of golfspelers, kan pyn in die laterale elmboog ontwikkel. Tydens hierdie proses vind daar mikroskopiese skeure in die tendon plaas. Die liggaam genees gewoonlik hierdie skeure. In 'n sening wat oorbruik word, oorskry die spoed waarteen die mikroskopiese skeure plaasvind die vermoë van die liggaam om die area te genees en pyn en ontsteking ontwikkel.

Simptome

Pasiënte kla gewoonlik van pyn oor die buitekant van die elmboog en pyn wat af versprei oor die buitekant van die voorarm wanneer die pols ekstendeer word. Verlies aan greep en die onvermoë om 'n voorwerp stewig te gryp is algemene klagtes.

Klassifikasie

Met fisiese ondersoek sal die dokter teerheid oor die laterale epikondiel opmerk en ekstensie van die pols teen weerstand sal pyn veroorsaak. X-straal foto's dui selde iets abnormaal aan.

Behandeling

Nie-operatief

Die chirurg sal anti-inflammatoriese medikasie, 'n stut en fisioterapie voorskryf. Vermy van aktiwiteite wat pyn veroorsaak sal die herstelperiode verkort. 'n Kortisoon inspuiting oor die epikondiel kan verligting gee. Hierdie inspuiting veroorsaak soms dat die pyn erger is vir die eerste dag of twee waarna die simptome behoort te begin verbeter. Na so 'n inspuiting word rus en ys voorgeskryf vir ten minste die eerste 48 uur.


Operasie

In gevalle waar die sening 'n groter skeur ontwikkel of wanneer nie-operatiewe behandeling nie suksesvol is om pynverligting te gee nie, is chirurgie aangedui. Die chirurg maak 'n insnyding oor die aangetaste sening, verwyder die aangetaste weefsel en in sekere gevalle word genesing gestimuleer deur die betrokke deel van die been te boor of 'n klein deel daarvan te verwyder. Dit gee aanleiding daartoe dat bloedselle wat met genesing help in kontak met die aangetaste gedeelte kan kom. Die tendon word weer herstel aan die been.

Meer Inligting

Artikel: https://www.orthoinfo.org/en/diseases--conditions/tennis-elbow-lateral-epicondylitis

Laterale Epikondilitis (Tennis Elmboog) Dokument

Laterale Epikondilitis (Tennis Elmboog) (pdf)Download

Mediale Epikondilitis (Golf Elmboog)

Oorsig

Dit is inflammasie van die tendons van die spiere wat die pols flekseer. Die pyn is teenwoordig waar die tendons vasheg aan die benige prominensie aan die binnekant van die elmboog. Hierdie prominensie word genoem die mediale epikondiel. 'n Tweede benige prominensie aan die buitekant van die elmboog word genoem die laterale epikondiel. Ontsteking van hierdie areas word beskryf as epikondilitis. 'n Ander term vir golf elmboog is pols fleksor tendinitis.

Oorsaak

Oorgebruik is die mees algemeenste oorsaak. Pasiënte met beroepe wat herhalende beweging vereis soos tiksters, masjienoperateurs en skrynwerkers loop 'n hoër risiko daarvoor. Atlete soos golf-, bofbal- en raketsportspelers mag oor mediale elmboogpyn ontwikkel. Wanneer die tendon oorbruik word vind mikroskeure plaas in die tendon en die liggaam genees gewoonlik hierdie skeure. Wanneer die vermoë van die tendon om te herstel oorskrei word deur die spoed waarteen die mikroskeure plaasvind, ontstaan pyn en inflammasie.

Simptome

Die pasiënt kla van pyn oor die binnekant van die elmboog, pyn wanneer 'n vuis gemaak word en pyn wat oor die binnekant van die voorarm af versprei as die pols geflekseer word. Verlies aan krag of die onvermoë om 'n stewige greep uit te oefen om voorwerpe is 'n algemene klagte.

Klassifikasie

Met fisiese ondersoek sal die dokter plaaslike teerheid oor die mediale epikondiel opmerk. Fleksie van die pols teen weerstand gee aanleiding tot pyn. X-straal foto's is gewoonlik normaal.

Behandeling

Nie-operatief

Die chirurg skryf gewoonlik anti-inflammatoriese medikasie voor, 'n stut en fisioterapie. Vermy van aktiwiteite wat pyn veroorsaak sal die herstelperiode verkort. 'n Kortisoon inspuiting kan gegee word in die area van die epikondiel. Hierdie inspuiting kan die pyn erger maak vir die eerste 2 dae waarna die simptome behoort te begin verbeter. Na so 'n inspuiting is rus en ys van waarde vir die eerste 48 uur daarna.


Operasie

In gevalle waar die sening 'n merkbare skeur of loslating ontwikkel of waar die nie-operatiewe behandeling nie suksesvol was om pyn te verlig nie, is chirurgie aangedui. Die chirurg maak 'n insnyding oor die aangetaste tendon, verwyder die aangetaste weefsel en stimuleer die area vir genesing deur gaatjies te boor in die been of 'n gedeelte van die been te verwyder. Dit laat toe dat beenmurg wat bloedselle bevat wat help met die herstelproses, met hierdie area in kontak kom. Die sening word teruggeheg aan die been.

Mediale Epikondilitis (Golf Elmboog)

Mediale Epikondilitis (Golf Elmboog) (pdf)Download

Olekranon Bursitis

Oorsig

Olekranon Bursitis is 'n ontsteking van 'n bursa wat geleë is onder die vel tussen die triseps tendon en die olekranon. 'n Bursa is 'n voggevulde sak wat tussen spiere, tendons, been en vel geleë is en die werking van 'n kussing het. Wanneer 'n bursa ontsteek raak begin dit swel en word dikker. Wanneer die olekranon swel veroorsaak dit pyn en 'n teer knop en kan lyk soos 'n golfbal op die punt van die elmboog.

Oorsaak

Herhaalde beserings soos die stamp van die punt van die olekranon op harde voorwerpe kan die bursa laat swel. Infeksie, jig en ander inflammatoriese toestande kan ly tot bursitis. Infeksie kan ontstaan as die vel onderbreek word oor die elmbooggewrig en/of dit mag versprei met die bloedstroom van 'n ander area waar infeksie teenwoordig is.

Simptome

Pynlike of pynlose geswel oor die punt van die elmboog. Wanneer infeksie teenwoordig is voel die bursa warm en het 'n rooi voorkoms. Dit is ook teer met aanraking.

Klassifikasie

Die chirurg sal dit diagnoseer met fisiese ondersoek. X-strale sal sagte weefsel swelling aantoon en soms tekens van 'n onderliggende probleem soos jigartritis.

Behandeling

Nie-operatief

Pynlose geswel word behandel deur dophou van die toestand van die bursa, elmboogskerms, anti-inflammatoriese medikasie en ys. Wanneer die swelling erger raak en infeksie in kry word antibiotika voorgeskryf.


Operasie

In erge gevalle waar dit nie reageer op konserwatiewe behandeling nie sal die chirurg 'n operasie aanbeveel. 'n Insnyding word gemaak wat oor die punt van die elmboog kurf. Die bursa word identifiseer en verwyder. Die sagte weefsel word gewas met 'n elektroliet oplossing. Steke word gebruik om die wond te sluit. 'n Dik absorberende verband met of sonder 'n spalk word aangewend om die insnyding te beskerm en fisioterapie kan voorgeskryf word om beweeglikheid in die elmboog terug te kry.

Onderliggende probleme soos jig verleng die herstelperiode van die wond.

Meer Inligting

Artikel: https://www.orthoinfo.org/en/diseases--conditions/elbow-olecranon-bursitis

Olekranon Bursitis Dokument

Olekranon Bursitis (pdf)Download

Dr JS Kirsten Incorporated

See Outcome of Request and of Fees Payable Form and Request for Access to Record Form on Home Page

Copyright © 2024 Dr JS Kirsten Inc - All Rights Reserved.

This website uses cookies.

We use cookies to analyze website traffic and optimize your website experience. By accepting our use of cookies, your data will be aggregated with all other user data.

Accept