Die skouergewrig, genoem die glenohumerale gewrig, is 'n bal-en-potjiegewrig wat die vermoë het om 'n wyer omvang van beweging toe te laat as enige ander gewrig in die liggaam. Die geronde balvormige humerus kop pas in die potjievormige glenoïed fossa van die skapula. Die glenoïed bevat slegs 'n klein gedeelte van die humerus kop en die fibrokraakbenige labrum verdiep die potjie en help om die humerus kop in plek te hou.
Die gewrigskapsel wat die gewrig omsluit word uitgevoer met sinoviale membraan. Hierdie sinoviale membraan skei sinoviale vloeistof af wat help om die gewrig te smeer, skok te absorbeer en die gewrigskraakbeen te voed.
Die rotatorkraag is 'n groep van 4 spiere met hulle senings, supraspinatus, infraspinatus, subskapularus en teres minor. Hierdie spiere en senings heg die bo-arm been (humerus) aan die bladbeen (skapula) en laat die skouer toe om te beweeg. Hulle stabiliseer die skouer deur die balvormige humerus kop in die potjievormige glenoïed fossa te stabiliseer en hou die gewrig aanmekaar deur 'n wye reeks van bewegings wat andersins die humerus kop sou laat ontwrig het.
Die skapula waarvan die glenoïed 'n deel vorm, word verbind aan die torakswand deur 'n verskeidenheid van spiergroepe. Hierdie spiere laat 'n wye reeks van beweging van die skapula toe in verhouding tot die borskaswand en stabiliseer die skapula op die borskaswand. Dit het ook 'n skokabsorberende funksie en is verantwoordelik vir posisionering van die glenoïed ten opsigte van die humerus gedurende bewegings of verandering van statiese posisies van die arm.
Akromioklavikulêre gewrig verbind die skapula met die klavikel. Dit is 'n klein, gly-tipe gewrig wat gefikseer is aan die skapula deur 2 groepe ligamente.
Die klavikel is op sy beurt weer verbind aan die sternum deur die sternoklavikulêre gewrig met sy stabiliserende ligamente. Die klavikel is daarom die enigste benige verbinding tussen die arm en die romp.
Diagnostiese artroskopie maak dit moontlik om diagnose en behandeling van die gewrig uit te voer deur klein insnydings. 'n Kamera wat aan 'n teleskoop verbind is maak dit moontlik om in die gewrig te sien.
Klein insnydings word rondom die gewrig gemaak waardeur die skoop en chirurgiese instrumente geplaas word.
'n Elektroliet oplossing vloei deur 'n buis in die skouergewrig in en laat die kapsel uitsit vir beter visualisasie. Die beeld word gestuur na 'n monitor waarop die chirurg kan sien wat in die gewrig aangaan.
Met die video monitor as hulpmiddel kan die chirurg die diagnose bevestig. 'n Verskeidenheid van chirurgiese instrumente kan gebruik word om die operasie uit te voer.
Chirurgiese instrumente word na die prosedure verwyder en die arm word tydelik in 'n stutverband immobiliseer.
Komplikasies is nie algemeen nie maar mag soms voorkom. Bespreek asseblief enige vrae aangaande narkose komplikasies met die narkotiseer wat u voor die chirurgie sien. As daar enige allergieë vir medikasie is of as u huidiglik enige medikasie neem, noem dit ook vir die narkotiseer.
Voorsorg word getref om infeksie te keer wat insluit spesiale voorbereiding van die vel, steriele tegniek en die gebruik van antibiotika waar nodig. As infeksie egter wel ontstaan mag dit verdere chirurgie of hospitalisasie beteken.
Swelling ontstaan as 'n resultaat van die vloeistof wat gebruik word gedurende die artroskopiese prosedure en dit klaar gewoonlik op binne 'n paar uur na die operasie. Enige bloeding wat voorkom is gewoonlik in die vorm van vlek van die verbande. In sommige gevalle kan bloeding wel in die skouer- of elmbooggewrig versamel in welke geval dit verwyder moet word.
Die kapsel of saamgestelde ligamente rondom 'n gewrig kan reageer op die operasie en die beweeglikheid van die skouer inperk vir 'n tydperk na so 'n prosedure. Hierdie kontraktuur kan somtyds voortduur vir 2 tot 3 maande na chirurgie. Dit hef gewoonlik volledig op. 'n Oefenprogram word ingestel vanaf kort na die prosedure om sulke kontrakture tot 'n minimum te beperk maar die graad van so 'n kontraktuur wissel van persoon tot persoon. Dit is selde nodig vir verdere behandeling om so 'n kontraktuur uiteindelik op te hef.
Dit is moontlik dat 'n gedeelte van 'n klein chirurgiese instrument mag afbreek binne die gewrig. Hierdie komplikasie gebeur selde en indien dit gebeur kan dit gewoonlik verwyder word met artroskopiese tegnieke. In sommige gevalle mag 'n insnyding nodig wees om die gedeelte van 'n instrument te verwyder.
'n Paar kleiner senuwees en enkele baie belangrike senuwees kruis oor die gewrig waar die operasie gedoen word en kan beskadig word deur 'n chirurgiese prosedure. Hierdie komplikasie gebeur selde en chirurgiese tegnieke is daarop gemik om dit te vermy, maar wanneer dit gebeur kan dit ernstige gevolge hê wat bykomende operasie kan vereis.
Klein sensasie senuwees lê direk onder die vel en naby van die insnyding areas vir artroskopie. Gedurende die inplaas van 'n artroskoop is dit moontlik om hierdie klein senuwees te beskadig wat dan die gevolg het van 'n area van gevoelsverlies of 'n gefokusde area van pyn en velsensitiwiteit. Hierdie simptome klaar gewoonlik op oor tyd.
Dr JS Kirsten Incorporated
See Outcome of Request and of Fees Payable Form and Request for Access to Record Form on Home Page
Copyright © 2024 Dr JS Kirsten Inc - All Rights Reserved.
We use cookies to analyze website traffic and optimize your website experience. By accepting our use of cookies, your data will be aggregated with all other user data.