Dr JS Kirsten Shoulder and Elbow
Home
English
  • About Us
  • Upper Limb Issues
  • Patient Info Form
  • Contact Us
Tuis
Afrikaans
  • Omtrent Ons
  • Boonste Ledemaat Kwessies
  • Pasiënt Inligtingsvorm
  • Kontak Ons
Dr JS Kirsten Shoulder and Elbow
Home
English
  • About Us
  • Upper Limb Issues
  • Patient Info Form
  • Contact Us
Tuis
Afrikaans
  • Omtrent Ons
  • Boonste Ledemaat Kwessies
  • Pasiënt Inligtingsvorm
  • Kontak Ons
More
  • Home
  • English
    • About Us
    • Upper Limb Issues
    • Patient Info Form
    • Contact Us
  • Tuis
  • Afrikaans
    • Omtrent Ons
    • Boonste Ledemaat Kwessies
    • Pasiënt Inligtingsvorm
    • Kontak Ons
  • Home
  • English
    • About Us
    • Upper Limb Issues
    • Patient Info Form
    • Contact Us
  • Tuis
  • Afrikaans
    • Omtrent Ons
    • Boonste Ledemaat Kwessies
    • Pasiënt Inligtingsvorm
    • Kontak Ons

Trauma

Ontwrigting van die ElmboogDistale Biseps RuptuurRadiuskop Fraktuur

Ontwrigting van die Elmboog

Oorsig

Dit ontstaan wanneer die humerus of bo-armbeen ontkoppel word van die ulna en radius by die elmboog.

Oorsake

Dit vind gewoonlik plaas as gevolg van trauma soos val of motorvoertuig ongelukke en word ook gesien in kontaksport soos rugby en stoei. Gepaardgaande frakture en ligamentbeserings is algemeen.

Simptome

Die pasiënt sal 'n klapgevoel ervaar gevolg deur erge pyn en verlies aan funksie van die arm. Sensasieverlies en 'n prikkel gevoel mag in die hand teenwoordig wees. 'n Duidelik sigbare elmboog deformiteit is in die meeste pasiënte ook sigbaar.

Klassifikasie

Dit word klinies gediagnoseer. X-straal foto's wys frakture uit wat ten tye van die ontwrigting plaasgevind het.

Behandeling

Die chirurg plaas die elmboog terug in plek deur manipulasie van die ulna. Gepaardgaande frakture word dan hanteer. Ligamentskeure vind plaas as gevolg van ontwrigting en word gewoonlik nie-operatief behandel tensy die elmboog na terugplasing of reduksie onstabiel bly.

Meer Inligting

Artikel: https://www.orthoinfo.org/en/diseases--conditions/elbow-dislocation

Ontwrigting van die Elmboog Dokument

Ontwrigting van die Elmboog (pdf)Download

Distale Biseps Skeur

Oorsig

Dit gebeur wanneer die biseps sening wegskeur vanaf sy aanhegting op die radius, 'n been in die voorarm. Die biseps sening is verantwoordelik om die handpalm na bo te draai en om die elmboog te flekseer. In teenstelling met die skouer, is daar slegs een aanhegting van die biseps sening in die voorarm. Daarom ervaar pasiënte met distale biseps skeure noemenswaardige hoeveelheid verlies aan krag in die rotasie van die voorarm en elmboog fleksie.

Oorsake

Dit word veroorsaak gewoonlik deur skielike oplig van swaar voorwerpe, veral waar die elmboog gebuig word tot 90 grade. Tendinose of verwering van die gedeelte van die spier wat aan die been vasheg kan 'n skeur voorafgaan.

Simptome

Pasiënt voel gewoonlik 'n klapgevoel in die elmboog gevolg deur erge pyn en swelling oor die voorkant van die elmboog. 'n Kneusing ontstaan oor die laer bo-arm en elmboog. Daar sal 'n onmiddellike verlies aan krag teenwoordig wees. Wanneer die swelling verminder sal 'n deformiteit in die bo-arm sigbaar wees. Omdat die spier onder spanning is sal die sening opgetrek word tot in die bo-arm. Dit ly tot 'n uitgeholde voorkoms van die spier in die onderste gedeelte van die bo-arm en 'n uitgebolde voorkoms in die boonste gedeelte van die bo-arm.

Klassifikasie

Dit word gediagnoseer met 'n kliniese ondersoek. Teerheid is teenwoordig in die voorarm waar die skeur plaasgevind het. Die bo-arm is geswel en pynlik en die defek is sigbaar in die laer gedeelte van die biseps spier. X-strale is gewoonlik normaal. Sonar of MRI bevestig die skeur.

Behandeling

Nie-operatief

As gevolg van die noemenswaardige verlies aan krag wat met hierdie skeure geassosieer word, is nie-operatiewe behandeling slegs aanbeveel vir mense wat nie chirurgie kan ondergaan nie.


Operasie

Die chirurg maak 'n insnyding net onder die velvou in die elmboog en identifiseer die einde van die geskeurde tendon. Hy sal dit dan afwerk om vars, gesonde weefsel oor te hou waarin hegtings-materiaal geplaas word. Die aanhegtingspunt word dan blootgelê. 'n Holte word in die been gemaak vir herinplanting. Die tendon word dan ingeplant in hierdie holte en word in plek gehou deur 'n metaal knoop of 'n skroef of beide.

Meer Inligting

Video: https://patient.orthopedia.com/student/catalog

Artikel: https://orthoinfo.aaos.org/en/diseases--conditions/biceps-tendon-tear-at-the-elbow/

Distale Biseps Ruptuur Dokument

Distale Biseps Ruptuur (pdf)Download

Radiuskop Fraktuur

Oorsig

Dit is waar daar 'n breuk in die gedeelte van die radius plaasvind wat deel van die elmbooggewrig vorm. Die kop ontmoet die laterale einde van die humerus genaamd die kapitellum. Rotasie van die voorarm vind plaas hoofsaaklik in die radiokapitellum gewrig.

Oorsake

Val op 'n uitgestrekte hand is die mees algemeenste oorsaak. Die krag word oorgedra van die grond deur die pols, die voorarm en die radiuskop en impakteer op die kapitellum waar dit die fraktuur veroorsaak. Ontwrigting of direkte impak op die buitekant van die elmboog kan ook radiuskop frakture veroorsaak.

Simptome

Die pasiënt sal kla van pyn en swelling van die elmboog. Hy sal dit onmoontlik vind om die elmboog ten volle te ekstendeer of te flekseer. Rotasie van die voorarm sal merkbaar ingeperk wees met pyn. 'n Klik kan met rotasie gevoel word.

Klassifikasie

Die chirurg sal 'n fisiese ondersoek uitvoer. Swelling van die elmbooggewrig gepaardgaande met geskiedenis van trauma is hoog suggestief van 'n fraktuur. 'n Tasbare klik of pyn met rotasie van die radiuskop is 'n ander aanduiding van 'n fraktuur. X-strale sal die diagnose bevestig. 'n Rekenaartomogram kan verkry word om verplasing en definisie van die fragmente te verbeter en pre-operatiewe beplanning te vergemaklik.

Behandeling

Nie-operatief

Onverplaasde frakture van die radiuskop kan nie-operatief behandel word. Die arm word immobiliseer in 'n stutverband of spalk vir 10 - 14 dae. Daarna word die stut verwyder en oefeninge word begin. Periodieke X-straal ondersoeke word geneem om enige verdere verplasing van die fraktuur op te volg. Omdat die volwasse elmboog geneig is om vinnig styf te word as gevolg van inflammasie is vroeë mobilisasie en omvang van beweging belangrik vir die voorkoming van permanente bewegingsverlies.


Operasie

Frakture van die radiuskop waar daar verplasing plaasgevind het, vereis operatiewe stabilisasie. Dit word uitgevoer deur 'n insnyding oor die elmboog, skroewe word oor die fraktuurarea geplaas en vroeë terapie word voorgeskryf om verlies aan omvang van beweging te voorkom. In gevalle waar die radiuskop nie herstel kan word nie, word dit verwyder. 'n Radiuskop vervanging mag noodsaaklik wees as daar 'n ligamentbesering terselfdertyd oor die mediale aspek van die elmboog of die polsgewrig teenwoordig is of met gepaardgaande frakture elders in die elmboog.

Meer Inligting

Artikel: https://www.orthoinfo.org/en/diseases--conditions/radial-head-fractures-of-the-elbow

Radiuskop Fraktuur Dokument

Radiuskop Fraktuur (pdf)Download

Dr JS Kirsten Incorporated

See Outcome of Request and of Fees Payable Form and Request for Access to Record Form on Home Page

Copyright © 2024 Dr JS Kirsten Inc - All Rights Reserved.

This website uses cookies.

We use cookies to analyze website traffic and optimize your website experience. By accepting our use of cookies, your data will be aggregated with all other user data.

Accept