Artritis
Artritis is ontsteking van die elmbooggewrig. Dit ly tot die verlies aan gewrigskraakbeen wat die beeneindes bedek en wat toelaat dat bene glad oor mekaar beweeg. Wanneer elmboog-kraakbeen volledig beskadig is, skuur die beenoppervlaktes teen mekaar en dit word beskryf as been-op-been beweging in die gewrig. Dit kan ly tot pyn gedurende beweging of tydens rus, ongemaklike gevoel of 'n skuurgevoel met beweging en verlies aan krag. Wanneer artritis erg raak, probeer die liggaam die gewrig stabiliseer en beperk beweging deur benige uitgroeisels of osteofiete wat gesien word op X-straal foto's as ekstra been op die gewrigsrante.
Daar is 2 hooftipes artritis: rumatoïede- en osteoartritis. Rumatoïede artritis ontstaan wanneer die liggaam se immuunsisteem ontsteking veroorsaak. Osteoartritis ontstaan wanneer die gewrigskraakbeen uitgeslyt word as gevolg van gebruik oor die jare, ouderdom of besering. Wanneer 'n infeksie in die gewrig plaasvind gee dit ook aanleiding tot verlies aan kraakbeen. Infeksie in 'n gewrig word genoem septiese artritis.
Die pasiënt wat aan elmboog artritis ly ervaar pyn, styfheid en 'n verlies aan krag. 'n Skuur-, klik- of sluitgevoel word ervaar met beweging. Verlies aan beweging kan vererger sodat die pasiënt moeite het om alledaagse aktiwiteite soos hare kam, uit te voer.
Die artritis word gediagnoseer deur 'n fisiese ondersoek sowel as X-strale. Die ortopediese chirurg sal die elmboog ondersoek, kyk na die omvang van beweging, krag en of pyn teenwoordig is met beweging. Hy sal X-strale aanvra en soms 'n rekenaartomografie of 'n magnetiese resonansie ondersoek doen om dit verder te evalueer.
*Nie-operatief
Elmboog artritis kan behandel word met fisioterapie en versterking van die spiere wat die gewrig ondersteun. Sterker spiere verskaf beter stabiliteit aan die gewrig en ly tot verminderde stres oor die artritiese area. Omdat artritis 'n ontstekingstoestand is, kan die chirurg 'n anti-inflammatoriese medikasie of 'n inspuiting in die gewrig aanbied om die inflammasie of ontsteking te verminder.
*Operasie
Wanneer nie-operatiewe behandeling nie geslaag het nie, kan chirurgie voorgestel word. Twee chirurgiese opsies is beskikbkaar: artroskopie van die elmboog of elmboog skoop word gedoen deur 'n klein kamera in die gewrig te plaas en aangetasde kraakbeen te verwyder en uit die gewrig te spoel. Alhoewel dit nie 'n genesende operasie is nie, kan dit langdurige pynverligting tot gevolg hê. In sekere ernstige gevalle kan 'n totale of gedeeltelike elmboog vervanging aangebied word. Dit behels die verwydering van die aangetasde gewrigsoppervlaktes wat dan vervang word met gladde metaal of plastiek inplantings. Dit laat weer die elmboog toe om glad en pynloos te beweeg en in baie gevalle die omvang van beweging te verbeter.
Laai Elleboog Artritis dokument af
Die gewrigsvormende gedeeltes van die humerus en die glenoïed by die skouergewrig of van die humerus en die radius en ulna by die elmbooggewrig word bedek deur 'n ferm, gladde weefsel struktuur wat gewrigskraakbeen genoem word. Gewrigskraakbeen absorbeer skok, laat toe vir gladde beweging en beskerm die onderliggende been terwyl die gewrigsdele oor mekaar gly. Wanneer gewrigskraakbeen beskadig word as gevolg van osteoartritis of ander toestande, kan klein stukkies kraakbeen begin losbreek en vry ronddryf in die gewrigsvog. Klein stukkies been kan saam met kraakbeen ook loskom in sulke omstandighede of wanneer daar besering van 'n gewrig plaasgevind het. Hierdie klein fragmente van kraakbeen of been wat nie normaalweg daar behoort voor te kom nie, staan bekend as los liggame.
Besering of geleidelike erosie van die kraakbeen tydens artritis toestande veroorsaak die afbreek van klein stukkies kraakbeen wat ronddryf in die gewrig. In areas van beseerde kraakbeen of waar been op been kontak plaasvind kan die selle wat gewoonlik verantwoordelik is vir ontstekingsreaksie in die been, nuwe been neerlegging veroorsaak en benige uitgroeisels uiteindelik vorm wat osteofiete genoem word. Hierdie osteofiete kan ook losbreek en los liggame vorm. Been en kraakbeen fragmente kan losbreek van areas waar daar swak bloedvoorsiening is (osteochondritis dissecans) en bindweefsel strukture wat ontstaan deur bloeding in 'n gewrig of die afsterf van sagte weefsel in 'n gewrig, kan ook los liggame vorm.
Meeste los liggame veroorsaak nie simptome nie. Hulle kan egter akute skerp pyn veroorsaak met episodes van sluiting van die gewrig, vashaak van die gewrig of 'n gevoel van onstabiliteit. Swelling van die gewrig kan ook plaasvind as los liggame die sagte weefsel irriteer. Skuur- of skaaf-gevoel, bekend as krepitus, mag ook gevoel of gehoor word gedurende beweging.
Los liggame word geklassifiseer volgens hulle samestelling en of hulle los of gedeeltelik aangeheg voorkom. Kraakbenige los liggame is fragmente van los kraakbeen. Fibreuse los liggame ontstaan vanaf bindweefsel vorming. Osteokondrale los liggame is fragmente van been en kraakbeen wat aanmekaar vas is en saam afgebreek het van hulle oorspronklike ligging. Stabiele los liggame is gewoonlik aan die gewrigsvlies vasgeheg terwyl onstabiele los liggame vry ronddryf en pyn en sluiting van die gewrig kan veroorsaak.
Los liggame wat simptome veroorsaak moet gewoonlik verwyder word. Kleiner liggaampies kan met artroskopiese tegnieke deur gryp instrumente of suiging verwyder word terwyl groter liggame met oop chirurgie verwyder moet word. Los liggame kan ook met wegboor en opbreek in kleiner stukkies behandel word waar die liggaam dan die res verder op 'n natuurlike wyse elimineer. Sommige gevalle, as die gedeeltes groot is, kan dit weer vasgesit word in hul oorspronklike posisie met skroewe of pennetjies.
'n Gewrig waarin ontsteking ontstaan as gevolg van 'n infeksie word 'n septiese gewrig genoem. Skade aan die gewrigsoppervlak of kraakbeen ontstaan van infeksie en word genoem septiese artritis.
Bakterieë kan die gewrig binnedring deur onderbreking van die vel, deur die bloedstroom vanaf ander bronne van infeksie of as gevolg van 'n inspuiting of chirurgie. Sommige gewrigs-infeksies ontstaan sonder 'n bekende oorsaak. Mense met onderdrukte immuunsisteme het 'n hoër kans vir septiese gewrigte.
Pasiënte met septiese gewrigte kla van pyn en swelling in die gewrig. Die gewrig is warm, rooi en erg pynlik, veral wanneer gewig daarop gedra word. Omvang van beweging van die gewrig is erg ingeperk. Die gewrig is geswel en teer met betasting. Pasiënte mag ook koors hê.
Jou chirurg sal 'n septiese gewrig op kliniese eksamen diagnoseer. Laboratoriumstudies kan 'n verhoogde witbloedseltelling toon, en toetse vir inflammasie soos ESR en CRP sal verhef word. Vloeistof wat uit die geaffekteerde gewrig getrek word, sal purulent wees en kan ontleed word vir bakterieë en witbloedselle. X-strale en 'n MRI kan vloeistof in die gewrig vertoon.
*Nie-operatief
Omdat bakteriële infeksie gewrigskraakbeen beskadig word septiese gewrigte beskou as relatiewe chirurgiese noodsituasies. Nie-operatiewe behandeling bestaan uit antibiotika en dreinasie van die gewrig herhaaldelik met 'n naald en spuit. Dit word gereserveer slegs vir pasiënte wat te siek is om 'n operasie te ondergaan.
*Operatiewe behandeling
Die chirurg sal die gewrig uitwas in die operasiekamer. Dit kan artroskopies of deur 'n oop tegniek gedoen word. Monsters word geneem in die gewrig om die tipe bakterieë te identifiseer. Binneaarse antibiotika word gegee om die infeksie te help opklaar. Bloedtoetse sal herhaal word om die opklaar van die infeksie verder te bevestig.