Osteochondritis dissecans (OCD)
Wat is OCD van die elmboog?
Osteochondritis dissecans is 'n toestand waar 'n fragment van been en kraakbeen verdeel vanaf die gewrigsoppervlak en 'n los liggaam vorm in die gewrig. Hierdie fragmente kom gewoonlik van die humerus kant van die gewrig af.
Wat veroorsaak OCD?
Huidiglik word daar vermoed dat OCD letsels afkomstig is van 'n traumatiese besering van die elmbooggewrig in die verlede. Dit kan ook gebeur in atlete wat oorhoofse gooibeweging uitvoer as deel van 'n oorgebruiksbesering. Sommige letsels het nie 'n duidelike identifiseerbare oorsaak nie.
Wat is die simptome van OCD?
Pasiënte kla gewoonlik van 'n klik of sluit van die elmboog. Hulle kla van pyn en kan gewoonlik ook nie die elmboog ten volle ekstendeer nie.
Hoe word OCD letsels diagnoseer?
Kliniese ondersoek dui op die verlies aan omvang van beweging en die klik van die elmboog. Die area vanwaar die fragment losgekom het kan teer wees met aanraking. X-straal foto's bevestig die diagnose. MR skandering kan aangevra word om die stabiliteit van die fragment te bepaal. 'n Vloeistof lagie tussen die fragment en die humerusbeen dui op onstabiliteit en kan 'n indikasie wees vir chirurgie.
Hoe word OCD behandel?
*Nie-operatief
Stabiele letsels, met ander woorde die wat onwaarskynlik sal verplaas, word behandel met rus, anti-inflammatoriese medikasie en dophou van die letsel oor tyd.
*Operatiewe behandeling
Die letsels wat los liggame begin vorm het word artroskopies verwyder. Afhangende van die pasiënt se ouderdom en aktiwiteitsvlak, kan mikrofrakture uitgevoer word op die bed van die letsel tydens artroskopie. 'n Mikrofraktuur is 'n prosedure wat gebruik word om beskadigde kraakbeen te behandel. Die chirurg boor in die beenarea waar die letsel geleë is. Die boorgate lek beenmurg uit en bring die selle wat die vermoë het om kraakbeen litteken te vorm in kontak met die been.
Klik hier vir die drukbare dokument Osteochondritis dissecans (OCD).