Dr Stadler Kirsten Logo

Elmboog Probleme

Ulna Senuwee Subluksasie

Wat is ulnêre senuwee subluksasie?

Die ulnêre senuwee voorsien sensasie aan die hand en beheer die spiere in die voorarm en die hand. Dit verloop deur 'n groef in die humerus op die binnekant van die elmboog en sit net onder die vel in hierdie posisie. In hierdie groef wat algemeen na verwys word as die skokbeentjie, kan impak oor die ulnêre senuwee met 'n harde voorwerp die gevoel van sensasieverlies en tinteling in die hand veroorsaak. Ulnêre senuwee subluksasie ontstaan wanneer die senuwee uit hierdie groef beweeg gedurende beweging van die elmboog.

Wat veroorsaak ulnêre senuwee subluksasie?

Elmboogbeweging gepaardgaande met lakse of afwesige sagte weefsel aanhegtings van die senuwee ly tot subluksasie.

Wat is die simptome?

Die pasiënt mag pyn en naalde en spelde met tinteling in die voorarm, ringvinger en pinkie ervaar. 'n Klik kan gevoel word as die senuwee sy groef verlaat.

Hoe word ulnêre senuwee subluksasie diagnoseer?

Die chirurg sal dit diagnoseer met fisiese ondersoek.

Hoe word ulnêre senuwee subluksasie behandel?

*Nie-operatief

Pasiënte met min simptome kan behandel word met dophou van die toestand oor tyd, fisioterapie en anti-inflammatoriese medikasie.

*Operatiewe behandeling

In erge gevalle kan insnydings gemaak word oor die senuwee. 'n Gedeelte van die senuwee in sy verloop word verskuif na anterior in die voorarm om pyn te verlig om eliminasie van subluksasies te bewerkstellig.

Klik hier vir die drukbare dokument Ulna Senuwee Subluksasie.