Dr Stadler Kirsten Logo

Skouer Probleme

Artroskopie - Algemeen

Diagnostiese artroskopie

Inleiding

Diagnostiese artroskopie maak dit moontlik om diagnose en behandeling van die gewrig uit te voer deur klein insnydings. 'n Kamera wat aan 'n teleskoop verbind is maak dit moontlik om in die gewrig te sien.

Insnyding

Klein insnydings word rondom die gewrig gemaak waardeur die skoop en chirurgiese instrumente geplaas word.

Besigtiging

'n Elektroliet oplossing vloei deur 'n buis in die skouergewrig in en laat die kapsel uitsit vir beter visualisasie. Die beeld word gestuur na 'n monitor waarop die chirurg kan sien wat in die gewrig aangaan.

Met die video monitor as hulpmiddel kan die chirurg die diagnose bevestig. 'n Verskeidenheid van chirurgiese instrumente kan gebruik word om die operasie uit te voer.

Einde van prosedure

Chirurgiese instrumente word na die prosedure verwyder en die arm word tydelik in 'n stutverband immobiliseer.

Klik hier vir die drukbare dokument Diagnostiese artroskopie.

Meer info: http://www.orthoinfo.org/topic.cfm?topic=A00589