Die labrum is 'n rand van bindweefsel en kraakbeen weefsel wat die potjievormige glenoïed holte omring en verdiep en help om die humerus kop te stabiliseer in die glenoïed. Buite om die labrum is die glenohumerale ligamente aangeheg en vorm deel van die kapsel wat die humerus kop met die glenoïed rand verbind. Dit stabiliseer die skouergewrig wat die grootste omvang van beweging van enige gewrig in die liggaam het.
Skouer ontwrigtings wat die anterior inferior gedeelte van die labrum skeur, betrek die inferior glenohumerale ligament en word 'n Bankart letsel genoem. Daar mag beenfragment afgepluk word saam met die labrum en dit word dan 'n Bankart fraktuur genoem. Hierdie besering is in 1923 deur Arthur Bankart bekryf.
Bankhart letsels word tipies veroorsaak deur 'n skouer ontwrigting waar die humerus kop geforseer word uit die potjie uit na anterior (na vore) en na onder. Dit gebeur wanneer groot kragte oor die skouergewrig plaasvind terwyl die skouer in eksterne rotasie is en die bo-arm gelig is bokant skouervlak.
Die meerderheid van skouerontwrigtings in adolossente en jong volwassenes vind plaas deur 'n Bankart letsel. So 'n letsel neig om herhalende onstabiliteit en ontwrigtings van die skouer tot gevolg te hê.
Bankart letsel veroorsaak matig tot erge skouerpyn in die eerste paar dae na die ontwrigting. 'n Gevoel van onstabiliteit is algemeen veral wanneer die hand oorhoofs geplaas word. Wanneer stukkies van die labrum geskeur is en in die gewrigspasie verplaas word kan 'n glip of sluit gevoel in die skouer ervaar word. Herhalende ontwrigtings kan verdere skade aan die labrum en kapsel sowel as kraakbeen van die gewrig tot gevolg hê.
MR artrogramme kan gebruik word in die diagnose van Bankart letsels en behels die inspuit van 'n kontras medium in die gewrig voordat die MR skandering gedoen word. Die kontras medium ontsnap deur die defekte in die kapsel en labrum en dui dan sodoende die letsel aan. Meeste Bankart letsels behels 'n labrum skeur en skade aan die anterior band van die inferior glenohumerale ligament.
Dit gebeur minder algemeen dat die humerus kop na posterior geforseer word in welke geval die posterior band van die inferior glenohumerale ligament dan beskadig sou word. Verdere klassifikasie is gebaseer op die teenwoordigheid van 'n glenoïed fraktuur, die betrek van kraakbeen van die gewrig en die posisie van die skeur. 'n Besering wat 'n HAGL letsel genoem word, betrek die inferior glenohumerale ligament sonder dat die labrum aangetas is.
In gevalle waar daar slegs geringe onstabiliteit na die besering volg kan die arm gerus word in 'n sling totdat ontsteking verminder waarna versterkingsoefeninge aangewend word. Daar is egter 'n groter geneigdheid vir die skouer om te herontwrig met hierdie tipe behandeling.
Om herhalende onstabiliteit suksesvol te behandel word chirurgie gewoonlik aangewend deurdat die labrum aan die skouer potjie teruggeheg word en die kapsel herstel word deur of 'n artroskopiese of 'n oop prosedure. Gespesialiseerde been ankers word gewoonlik gebruik om die labrum aan die glenoïed vas te maak en enige frakture of defekte in die glenoïed word ook tydens dieselfde prosedure aangespreek. Dit is soms nodig om benige herstel by die glenoïed te voeg om stabiliteit van die skouergewrig te verseker.
Klik hier vir die drukbare dokument Bankart letsel.
Meer info: http://www.orthoinfo.org/topic.cfm?topic=A00529
Die skouergewrig is 'n komplekse gewrig met 'n bal-en-potjie-ontwerp wat beweging in verskeie rigtings toelaat. Stabiliteit van die gewrig word deur omliggende spiere en die saamgestelde ligamente om die gewrig (kapsel), en ‘n kraakbeen ring (labrum) om die benige potjie, verskaf.
Skoueronstabiliteit en ontwrigting gebeur wanneer die bal (humerus kop) in 'n rigting geforseer word sodat die kapsel skeur en/of die labrum lostrek vanaf die potjie (glenoïed). Onstabiliteit kan ook ontstaan weens aangebore laks of meegewende ligamente. Wanneer dit gepaard gaan met ‘n fraktuur van een of meer benige deel van die gewrig is die graad van onstabiliteit gewoonlik erger.
Behandeling van onstabiliteit word bepaal deur die oorsaak en graad van die onstabiliteit en die pasiënt se verwagtinge omtrent sy skouer.
Benige herstel word dikwels met oop chirurgiese tegnieke gedoen.
Klein insnydings word rondom die gewrig gemaak waardeur die artroskoop en chirurgiese instrumente geplaas word.
'n Elektroliet oplossing vloei deur 'n buis in die skouer in om die kapsel van die skouer te laat uitsit sodat besigtiging van die gewrig verbeter word. Die beeld word gestuur na 'n video monitor sodat die chirurg kan sien wat in die gewrig aangaan.
Chirurgiese instrumente wat in die gewrig ingeplaas word, word gebruik om die labrum en kapsel terug te heg aan die glenoïed met hegtingsmateriaal en beenankers.
Na herstel van die labrum word die chirurgiese instrumente verwyder. Die skouer word verbind en die arm word tydelik in 'n stutverband geplaas.
Die arm word beskerm in ‘n stutverband tot dit veilig is om te verwyder. Oefeninge word ingespan om herstel aan te help. Funksie van die geopereerde ledemaat word geleidelik hervat afhangende van pasient omstandighede. Kompeterende sportmense en fisiese arbeiders word oor ‘n periode van 5-6 maande ingelei tot maksimum herstel.
Klik hier vir die drukbare dokument Bankart herstel.
Meer info: http://www.orthoinfo.org/topic.cfm?topic=A00589
Klik HIER vir video
Die skouergewrig is 'n komplekse gewrig met 'n bal-en-potjie-ontwerp wat beweging in verskeie rigtings toelaat.
Skoueronstabiliteit en ontwrigting gebeur wanneer die gewrig in 'n rigting geforseer word sodat die kapsel skeur en/of die labrum lostrek vanaf die glenoïed aanhegting.
Klein insnydings word rondom die gewrig gemaak waardeur die artroskoop en chirurgiese instrumente geplaas word vir die operasie.
'n Elektroliet oplossing vloei deur ‘n buis in die skouer in om die kapsel van die skouer te laat uitsit sodat besigtiging van die gewrig verbeter word. Die beeld word gestuur na 'n video monitor sodat die chirurg kan sien wat in die gewrig aangaan.
Kapsel word gerek of geskeur tydens besering en hierdie geskeurde kapsel dele word opmekaar gevou en aanmekaar geheg deur hegtingsmateriaal. Hierdeur word die kapsel struktuur aangespan vir stabiliteit.
Na herstel van die labrum word die chirurgiese instrumente verwyder. Die skouer word verbind en die arm word tydelik in 'n stutverband geplaas.
Klik hier vir die drukbare dokument Kapsulêre herstel.
Meer info: http://www.orthoinfo.org/topic.cfm?topic=A00589
Die glenohumerale gewrig is 'n komplekse gewrig met 'n bal-en-potjie ontwerp wat beweging in verskeie rigtings toelaat. Buiten die omliggende spiere en saamgestelde ligamente sowel as die kraakbeen ring, is die pas van die kop in die benige potjie ook belangrik vir die stabiliteit van die gewrig.
Met forsering van die humerus kop uit die potjie tydens 'n ontwrigting kan 'n benige defek ontstaan op die rand van die potjie (glenoïed) met of sonder 'n benige defek in die kop. Dit maak die skouer makliker herontwrigbaar in sekere posisies en lei tot herhaalde ontwrigtings, soms selfs met alledaagse aktiwiteite.
Klassifikasie van hierdie benige onstabiliteit word bepaal deur die posisie en grootte van die defek in die glenoïed en die kop sowel as die rigting waarin die kop op die glenoïed ontwrig.
Chirurgiese herstel is gewoonlik nodig in hierdie gevalle om herhalende ontwrigtings en die gevolglike ontstaan van degeneratiewe artritis sover moontlik te beperk.
Beide oop en artroskopiese tegnieke word aangewend om benige stabilisasie te doen en word bepaal na aanleiding van die voorkeur van die chirurg en die tipe defekte wat teenwoordig is.
Die arm word beskerm in 'n stutverband tot dit veilig is om te verwyder. Oefeninge word ingestel om te help met die omvang van beweging en spierkrag om die skouergewrig. Funksie van die geopereerde ledemaat word geleidelik hervat afhangende van die pasiënt se omstandighede. Kompeterende sportmense en fisiese arbeiders word oor 'n periode van 5 tot 6 maande geleidelik ingelei tot maksimum herstel.
Klik HIER vir video