Dr Stadler Kirsten Logo

Skouer Probleme

Rotatorkraag

Rotatorkraag volledig geskeur

Oorsig:

Die rotatorkraag is 'n groep van 4 spiere met hulle senings, supraspinatus, infraspinatus, subskapularus en teres minor. Hierdie spiere en senings heg die bo-arm been of humerus aan die bladbeen of skapula en laat die skouer toe om te beweeg. Hulle stabiliseer die skouer deurdat hulle die balvormige humerus kop in die potjievormige glenoïed fossa hou terwyl die gewrig deur 'n wye reeks van bewegings kan gaan wat andersins die humerus kop sou ontwrig het. Die kraag kan van sy inplanting op die groter tuberositeit volledig losskeur. Dit kan een of meer tendons betrek en sodoende verloor die spesifieke tendon sy funksie.

Oorsake:

Rotatorkraag beserings kan ontstaan van 'n verskeidenheid van oorsake wat irritasie of skade aan die tendons en spiere veroorsaak. Akute skeure ontstaan as gevolg van oormatige stres deur die rukkerige oplig van swaar voorwerpe, gebruik van die arm om 'n val te stuit waar die krag na die rotatorkraag oorgedra word of van besering waar die skouer ontwrig word of aanliggende bene gebreek word. Degeneratiewe of kroniese skeure ontstaan deur verwering van benige uitgroeisels geassosieer met artritis, swak spiere deur onaktiwiteit of swak postuur, swak bloedvoorsiening of herhalende bewegings gedurende werk of sport aktiwiteite. Ontsteking van die tendons of bursa tussen die rotatorkraag en die oorliggende been vernou ook die spasie waardeur die tendon beweeg en  kan bydra tot pyn, verwering en degenerasie van die sening.

Simptome:

Swakheid, aanhoudende pyn, teerheid en onvermoë om die skouer deur sy volle omvang te neem is moontlike simptome wat kan dui op rotatorkraag besering. Pyn word gewoonlik mees opvallend ervaar wanneer uitgereik word na vore, bokant vlak van die skouer of agter die rug of met sekere opstoot bewegings.  Degeneratiewe skeure begin tipies met ligte pyn wat progressief vererger. Nagpyn ontstaan wanneer 'n tendon beskadig of verswak is. Akute voldikte skeure gaan gewoonlik gepaard met erge pyn en kan geassosieer word met 'n klapgevoel in die skouer tydens die besering wanneer die sening skeur.

Klassifikasie:

Besering van die spiere en tendons van die rotatorkraag word geklassifiseer volgens die graad van skade wat daarin plaasgevind het. Graad I besering dui op strek van die vesels sonder 'n fisiese skeur. Graad II verwys na gedeeltelike skeur wat die bo- of onder oppervlak van die sening betrek maar wat nie volledig deur die volle dikte van die sening strek nie.  Graad III is 'n voldikte skeur wat  'n volledige  defek in die tendon veroorsaak. Daar is ander klassifikasies waarna daar na die kraag as ‘n eenheid van 4 senings verwys word.

Behandeling:

Behandeling word gemik op vermindering van pyn en verbetering van funksie en wissel na gelang van die persoon se spesifieke anatomie en die spesifieke besering. Gedeeltelike skeure word gewoonlik konserwatief behandel met rus, staak van aktiwiteite wat die inflammasie mag vererger, anti-inflammatoriese medikasie en oefeninge wat die omliggende oorblywende spiere versterk en omvang van beweging verbeter.   As pyn ten spyte van hierdie maatreëls aanhou en die skeure groter word sal chirurgie aangedui wees om die aangetaste  sening chirurgies weer te heg aan die been met spesiale ankers. Wanneer die skeur nie herstelbaar is nie, sal n skouervervanging soms aangedui wees.

Videohttps://youtu.be/OLPiuDGoMbc

Klik hier vir die drukbare dokument Rotatorkraag volledige geskeur.

Meer inligting: http://www.orthoinfo.org/topic.cfm?topic=A00064 

 

Volledige geskeurde rotatorkraag hegting

Inleiding

Rotatorkraag beklemming en rotatorkraag skeure wat daarmee gepaard gaan is algemene skouerprobleme. Dit behels gewoonlik ervaring van pyn, swakheid en verlies aan beweging van die gewrig. Hierdie prosedure kan óf deur 'n klein oop insisie insnyding gedoen word óf deur artrorskopiese tegnieke.

Rotatorkraag skeur

Die onderkant van die akromion skuur teen die rotatorkraag senings tydens beweging en dit veroorsaak pyn en swakheid. Meer spasie word gemaak deur die onderoppervlak van die akromion gedeeltelik te verwyder en die geskeurde rotatorkraag word dan teruggeheg op die humerus kop.

Insnydings

Klein insnydings word rondom die gewrig gemaak waardeur die artroskoop en chirurgiese instrumente geplaas word.

Besigtiging

'n Elektroliet oplossing word deur 'n buis gevoer in die skouergewrig in wat die skouerkapsel uitsit en wat besigtiging van die gewrig makliker maak.

Bursa korakoakromiale ligament verwydering

Spesiale chirurgiese instrumente word gebruik om die ontsteekte bursa te verwyder en om die korakoakromiale ligament los te laat van die akromion.

Verwydering van been

'n Artroskopiese instrument word gebruik om been van die onderkant van die akromion te verwyder sodat meer spasie geskep word vir die rotatorkraag tendon.

Geskeurde rotatorkraag tendon verwydering

Die rant van die rotatorkraag tendons word afgewerk en gedebrideer tot meer gesonde weefsel teëgekom word as deel van voorbereiding van die rotatorkraag herstel.

Rotatorkraag hegting

Die rotatorkraag word oorgetrek na sy aanhegting op die humerus kop en word daar vasgemaak met been ankers en hegtingsmateriaal.

Einde van prosedure

Chirurgiese instrumente word verwyder en die arm word in 'n stutverband geplaas vir 2 tot 3 weke.
Rehabilitasie vir herwinning van beweging en spierkrag word tydens hierdie periode aangewend.

Klik hier vir die drukbare dokument Volledige geskeurde rotatorkraag hegting.

Meer inligting: http://www.orthoinfo.org/topic.cfm?topic=A00406

 

Gedeeltelik geskeurde rotatorkraag

Oorsig:

Die rotatorkraag is 'n groep van 4 spiere met hulle senings, supraspinatus, infraspinatus, subskapularus en teres minor. Hierdie spiere en senings heg die bo-arm been of humerus aan die bladbeen of skapula en laat die skouer toe om te beweeg. Hulle werk behels dat hulle die balvormige humerus kop in die potjievormige glenoïed fossa stabiliseer en hou die gewrig aanmekaar deur 'n wye reeks van bewegings wat andersins die humerus kop sou ontwrig het. Gedeeltelik geskeurde rotatorkraag verwys na die situasie waar fraiings vorm of 'n defek begin vorm in die rotatorkraag tendon maar wat nog nie volledig gevorder het tot op die punt waar die skade deur die volle dikte van die tendon strek nie.

Oorsake:

Rotatorkraag beserings kan ontstaan van 'n verskeidenheid van oorsake wat irritasie of skade aan die tendons en spiere veroorsaak. Akute skeure ontstaan as gevolg van oormatige stres deur die rukkerige oplig van swaar voorwerpe, gebruik van die arm om 'n val te stuit waar die krag na die rotatorkraag oorgedra word of van besering waar die skouer ontwrig word of aanliggende bene gebreek word. Degeneratiewe of kroniese skeure ontstaan deur normale verwering deur benige uitgroeisels geassosieer met artritis, swak spiere deur onaktiwiteit of swak postuur, swak bloedvoorsiening of herhalende bewegings gedurende werk of sport aktiwiteite. Ontsteking van die tendons of bursa tussen die rotatorkraag en die oorliggende been vernou ook die spasie waardeur die tendon beweeg en kan bydra tot pyn, verwering en degenerasie van die sening.

Simptome:

Swakheid, aanhoudende pyn, teerheid en onvermoë om die skouer deur sy volle omvang te neem is moontlike simptome wat kan dui op rotatorkraag besering. Pyn word gewoonlik mees opvallend ervaar wanneer uitgereik word na voor of na die kant, bokant die vlak van die skouer, agter die rug of met opstoot bewegings. Degeneratiewe skeure begin tipies met ligte pyn wat progressief vererger. Nagpyn ontstaan wanneer 'n tendon beskadig of verswak is.

Klassifikasie:

Besering van die spiere en tendons van die rotatorkraag word geklassifiseer volgens die graad van skade wat daarin plaasgevind het. Graad I besering dui op strek van die vesels sonder 'n fisiese skeur. Graad II verwys na gedeeltelike skeur wat die bo- of onder oppervlak van die sening betrek maar wat nie volledig deur die volle dikte van die sening is nie. Graad III is 'n voldikte skeur wat 'n volledige defek in die tendon veroorsaak. Daar is ander klassifikasies waarna daar na die kraag as ‘n eenheid van 4 senings verwys word.

Behandeling:

Behandeling word gemik op vermindering van pyn en verbetering van funksie en wissel na graad van die persoon se spesifieke anatomie en die spesifieke besering. Gedeeltelike skeure word gewoonlik konserwatief behandel met rus, staak van aktiwiteite wat die inflammasie mag vererger, anti-inflammatoriese medikasie en oefeninge wat die omliggende oorblywende spiere versterk, beweeglikheid aanhelp en omvang van beweging verbeter. Gevalle waar daar nie goeie respons op bogenoemde behandeling is nie sal 'n kortikosteroïed inspuiting aangewend word om ontsteking en pyn te verminder. As pyn ten spyte van hierdie maatreëls aanhou en die skeure groter word sal chirurgie aangedui wees om die aangetasde randte van die sening weg te werk sodat nuwe groei gestimuleer word of om die sening chirurgies weer aan te heg aan die humerus kop met fiksasie apparate.

Klik hier vir die drukbare dokument Gedeeltelik geskeurde rotatorkraag.

Meer inligting: http://www.orthoinfo.org/topic.cfm?topic=A00064

 

Gedeeltelik geskeurde rotatorkraag herstel

Inleiding

Rotatorkraag beklemming en rotatorkraag skeure wat daarmee gepaard gaan is algemene skouerprobleme. Dit behels gewoonlik ervaring van pyn, swakheid en verlies aan beweging van die gewrig. Hierdie prosedure kan óf deur 'n klein oop insisie insnyding gedoen word óf deur artroskopiese tegnieke.

Rotatorkraag skeur

Die onderkant van die akromion skuur teen die rotatorkraag senings tydens beweging en dit veroorsaak pyn en swakheid. Meer spasie word gemaak deur die onderoppervlak van die akromion gedeeltelik te verwyder en die geskeurde rotatorkraag word dan teruggeheg op die humerus kop.

Insnydings

Klein insnydings word rondom die gewrig gemaak waardeur die artroskoop en chirurgiese instrumente geplaas word.

Besigtiging

'n Elektroliet oplossing word deur 'n buis gevoer in die skouergewrig in wat die skouerkapsel uitsit en wat besigtiging van die gewrig makliker maak.

Bursa korakoakromiale ligament verwydering

Spesiale chirurgiese instrumente word gebuik om die ontsteekte bursa te verwyder en om die korakoakromiale ligament los te laat van die akromion.

Verwydering van been

'n Artroskopiese instrument word gebruik om been van die onderkant van die akromion te verwyder sodat meer spasie geskep word vir die rotatorkraag tendon.

Rotatorkraag hegting

Die rotatorkraag word oorgetrek na sy aanhegting op die humerus kop en word daar vasgemaak met beenankers en hegtingsmateriaal.

Einde van prosedure

Chirurgiese instrumente word verwyder en die arm word in 'n stutverband geplaas vir 2 tot 3 weke.
Rehabilitasie vir herwinning van beweging en spierkrag word tydens hierdie periode aangewend.

Klik hier vir die drukbare dokument Gedeeltelik geskeurde rotatorkraag herstel.

Meer inligting: http://www.orthoinfo.org/topic.cfm?topic=A00406

 

Rotatorkraag beklemming

Oorsig:

'n Deel van die rotatorkraag word deur been omring. Wanneer 'n besering van die rotatorkraag senings plaasvind kan hulle swel en begin wryf teen die aanliggende been. Dit ly tot irritasie van hierdie senings. Beklemming verwys na die meganiese druk en skaaf van die rotatorkraag senings en kan 'n voorloper van rotatorkraag skeure wees.

Oorsaak:

Die mees algemene area van beklemming is die supraspinatus sening. Wanneer 'n persoon sy arm bokant sy kop lig klem die supraspinatus sening en bursa teen die akromion en korakoakromiale ligament. Die vasknyp van die tendon veroorsaak inflammasie en as dit aanhou beskadig dit die tendon wanneer herhalende bewegings uitgevoer word en dit mag ly tot verdikking van die tendon. Swelling in die tendon en spierweefsel verminder bloedvloei en gevolglik kan die tendon verfraiing. Been uitgroeisels op die aanliggende been skuur ook teen die sening en spier en veroorsaak irritasie en kan ook ly tot fraiingformasie. Verbening van die korakoakromiale ligament wat volg op vorige trauma, kan ook ly tot beklemming. Beklemming-sindroom kan alleenstaande ontwikkel of in kombinasie met bursitis en rotatorkraag ontsteking.

Simptome:

Rotatorkraag beklemming simptome begin tipies met 'n geleidelike aankoms van pyn wat vererger wanneer die arm bokant skouerhoogte gelig word en die arm na buite geroteer word. Pyn word die ergste ervaar aan die voorkant van die skouer en dit kan versprei oor die buitekant van die bo-arm tot by die elmboog. Soos tyd verloop kan die pyn voortduur en vererger tot so 'n mate dat dit nagrus belemmer.

Klassifikasie:

Verskeie klassifikasies is teenwoordig. Die een wat gereeld gebruik word is die sisteem deur Neer wat gebaseer is op die verskillende stadia van beklemming. Stadium 1 kom gewoonlik voor in persone in hulle mid 20's en is gewoonlik omkeerbaar. Dit ontstaan weens herhalende bewegings van die skouer. Stadium 2 is die verdere ontwikkeling van stadium 1 en is meer algemeen in mense van hul mid 20's tot veertiger jare en behels onomkeerbare tendonveranderinge. Stadium 3 word gewoonlik aangetref in mense van 40 jaar of ouer en volg op jarelange kroniese ontsteking van die rotatorkraag tendons waarin tendonskeure kan ontwikkel.

Behandeling:

Behandeling van rotatorkraag beklemming sindroom begin gewoonlik by verandering van aktiwiteite, rus, koue pakke op die skouer, nie-steroïed anti-inflammatoriese medikasie en oefeninge wat omvang van beweging van die skouer herstel sonder dat irritasie veroorsaak word. Wanneer pyn voortduur kan kortikosteroïed inspuitings plaaslik toegedien word wat inflammasie kan verminder wat deur die beklemming veroorsaak word. Dit mag verskeie weke neem voordat die simptome met bogenoemde behandeling opklaar. Wanneer simptome nie opklaar nie of wanneer dit herhaal kan chirurgie aangedui wees. Chirurgiese tegnieke is daarop gemik om beklemming op te hef en ontsteekte weefsel te verwyder. Dit behels gewoonlik ook verwydering van 'n gedeelte van die oorliggende been om die wrywing oor die tendons te verminder.

Klik hier vir die drukbare dokument Rotatorkraag beklemming.

 

Subakromiale bursitis

Oorsig:

Die voggevulde bursa tussen die akromion en rotatorkraag verminder wrywing en dien as 'n skok-absorbeerder tussen die rotatorkraag tendon en die omliggende been. As 'n bursa beseer word of geïrriteer is ontstaan inflammasie en oormatige vloeistof versamel in die bursa wat lei tot vermindering van die skokabsorberende eienskappe van die bursa. Die bursa kan geïrriteer word as gevolg van rotatorkraag beklemmingsindroom waar die rotatorkraag tendons ontsteek is en swel en vernouing van die spasie plaasvind waarin die tendons beweeg. Die bursa en tendon word geknyp in die vernoude spasie met elke beweging wat plaasvind en dit lei tot skouerpyn. Kroniese bursitis ontstaan wanneer die onstekingsepisodes herhaal en verdikking en verdere irritasie van die bursa plaasvind tot op 'n punt waar omvang van beweging beperk word. Dit kan selfs lei tot 'n bevrore skouer.

Oorsake:

Verskeidenheid van faktore veroorsaak bursitis. By sommige mense is dit as gevolg van die benige anatomie dat daar minder spasie teenwoordig is en by ander begin dit by ontsteking van die rotatorkraag tendons. 'n Aanvanklike besering wat ontsteking veroorsaak kan aanleiding gee tot herhalende irritasie van die bursa met normale gebruik wat dan 'n siklus van pyn, inflammasie en irritasie tot gevolg het. Die toestand kan ook ontstaan deur herhalende beweging van die skouergewrig en oorgebruik van die skouer wat, maar toestande soos artritis, jig, rumatoïede artritis of infeksie kan dit ook aanbring.

Simptome:

Skouer bursitis begin gewoonlik as 'n dowwe, knaende pyn wat omvang van beweging verminder. Dit is geleë oor die buitekant van die bo-arm en vererger met aktiwiteite waar die hand bokant die kop gebruik word. Pyn is ook teenwoordig in rus en kan so erg wees dat dit 'n persoon snags wakker maak wanneer hy op daardie skouer lê. 'n Gevoel van swakheid mag ook teenwoordig wees.

Klassifikasie:

Subakromiale bursitis word gewoonlik gekategoriseer deur die area waar dit voorkom, naamlik buite die tendon of in die tendon en of dit 'n primêre oorsaak het teenoor 'n sekondêre beklemming van die bursa in sy spasie.

Behandeling:

Die behandeling hang af van die graad daarvan. Gewoonlik word daar begin met rus, anti-inflammatoriese medikasie, aanpassing van aktiwiteite, ys en versterkingsoefeninge vir die rotatorkraag. Kortikosteroïed inspuitings kan ook gegee word indien ontsteking nie wil opklaar met bogenoemde maatreëls nie. Indien simptome 3 tot 6 maande aanhou kan 'n subakromiale dekompressie operasie uitgevoer word wat behels dat die ontsteekte bursa verwyder word, die korakoakromiale ligament losgelaat word en enige benige prominente areas, veral die onder oppervlak van die akromion, verwyder word.

Klik hier vir die drukbare dokument Subakromiale bursitis.

 

Subakromiale dekompressie

Inleiding

Rotatorkraag beklemming en rotatorkraag skeure wat daarmee gepaard gaan is algemene skouerprobleme. Dit behels gewoonlik ervaring van pyn, swakheid en verlies aan beweging van die gewrig. Hierdie prosedure kan óf deur 'n klein oop insisie insnyding gedoen word óf deur artrorskopiese tegnieke.

Rotatorkraag pyn

Die onderoppervlak van die akromion skuur teen die rotatorkraag tendons en veroorsaak pyn en swakheid van die skouer. Deur 'n gedeelte van die akromion te verwyder sal spasie geskep word vir die rotatorkraag.

Insnydings

Klein insnydings word rondom die gewrig gemaak waardeur die artroskoop en chirurgiese instrumente geplaas word.

Besigtiging

'n Elektroliet oplossing word deur 'n buis gevoer in die skouergewrig in wat die skouerkapsel uitsit en wat besigtiging van die gewrig makliker maak.

Bursa en korakoakromiale ligament verwydering

Spesiale chirurgiese instrumente word gebruik om die ontsteekte bursa te verwyder en om die korako-akromiale ligament los te laat van die akromion.

Verwydering van been

'n Chirurgiese bur word gebruik om been van die onderkant van die akromion te verwyder sodat meer spasie geskep word vir die rotatorkraag tendon.

Einde van prosedure

Na bogenoemde rotatorkraag hegting word die instrumente verwyder en die pasiënt volg hierna 'n rehabilitasie program.

Klik hier vir die drukbare dokument Subakromiale dekompressie.

Meer inligtin: http://www.orthoinfo.org/topic.cfm?topic=A00032