Dr JS Kirsten Shoulder and Elbow
Home
English
  • About Us
  • Upper Limb Issues
  • Patient Info Form
  • Contact Us
Tuis
Afrikaans
  • Omtrent Ons
  • Boonste Ledemaat Kwessies
  • Pasiënt Inligtingsvorm
  • Kontak Ons
Dr JS Kirsten Shoulder and Elbow
Home
English
  • About Us
  • Upper Limb Issues
  • Patient Info Form
  • Contact Us
Tuis
Afrikaans
  • Omtrent Ons
  • Boonste Ledemaat Kwessies
  • Pasiënt Inligtingsvorm
  • Kontak Ons
More
  • Home
  • English
    • About Us
    • Upper Limb Issues
    • Patient Info Form
    • Contact Us
  • Tuis
  • Afrikaans
    • Omtrent Ons
    • Boonste Ledemaat Kwessies
    • Pasiënt Inligtingsvorm
    • Kontak Ons
  • Home
  • English
    • About Us
    • Upper Limb Issues
    • Patient Info Form
    • Contact Us
  • Tuis
  • Afrikaans
    • Omtrent Ons
    • Boonste Ledemaat Kwessies
    • Pasiënt Inligtingsvorm
    • Kontak Ons

Ligament Onstabiliteit

Laterale Ulnêre Kollaterale Ligament RuptuurUlnêre Kollaterale Ligament (UKL) Ruptuur

Laterale Ulnêre Kollaterale Ligament (LUKL) Ruptuur

Oorsig

Die laterale ulnêre kollaterale ligament konnekteer die ulna of die ellepypbeen in die voorarm met die humerus of die bo-armbeen. Skeure van hierdie ligament is die hoofoorsaak van kroniese elmboog onstabiliteit.

Oorsake

Val op 'n uitgestrekte hand en elmboog ontwrigtings is die mees algemene oorsake van 'n skeur van hierdie ligament. Ander oorsake sluit in frakture, genetiese los of laks bindweefsel, lang gebruik van krukke of besering gedurende chirurgiese prosedures.

Simptome

Pasiënte beskryf gewoonlik pyn, klik of klap van die elmbooggewrig as die arm reguit gemaak word met die palm na bo.

Klassifikasie

Fisiese ondersoek is die sleutel tot diagnose. Die chirurg sal die elmboog posisioneer bokant die pasiënt se kop en voer dan 'n maneuver uit wat ontwerp is om die integriteit van die ligament te toets. Wanneer dit voel of die elmboogbene geskei kan word of wanneer dit die pasiënt se pyn uitlok is onstabiliteit teenwoordig. X-straal ondersoek is gewoonlik normaal maar mag gedeeltelike ontwrigting van die elmboog in erge gevalle aandui.

Behandeling

Nie-operatief

Fisioterapie om die spiere wat die elmboog ondersteun te versterk kan in pasiënte met lae vereistes effektief wees.


Operasie

Rekonstruksie van die ligament word aanbeveel en daartydens word 'n seningoorplanting gebruik vanaf elders in die voorarm. Vir akute skeure kan die ligament primêr herstel word. Hiertydens kan 'n geskarnierde eksterne fiksator gebruik word om die palm van die hand na onder te hou terwyl dit toelaat dat die elmboog kan beweeg.

Meer Inligting

Artikel: https://www.orthoinfo.org/en/diseases--conditions/recurrent-and-chronic-elbow-instability

Lateral Ulnar Collateral Ligament Ruptures Dokument

Lateral Ulnar Collateral Ligament Ruptures (pdf)Download

Ulnêre Kollaterale Ligament (UKL) Ruptuur

Oorsig

Die ulnêre kollaterale ligament, ook bekend as die mediale kollaterale ligament of Tommy John ligament, help om die elmboog te stabiliseer. Dit konnekteer die ulnabeen in die voorarm aan die humerus of bo-armbeen. Wanneer hierdie ligament uitgerek of beseer word kan die elmboogbene van mekaar skei gedurende aktiwiteite soos tydens gooi van 'n voorwerp. Dit veroorsaak pyn aan die binnekant van die elmboog.

Oorsake

Trauma is die mees algemene oorsaak van 'n UKL skeur. Dit gebeur wanneer 'n direkte impak op die buitekant van die elmboog ervaar word of tydens elmboogontwrigting. In atlete wat sport beoefen waar hulle gereeld gooi kan die herhalende stremming van die gewrig ly tot uittrek van die ligament. Wanneer die ligament te ver gestrek word funksioneer dit nie meer nie. Gooiverwante skeure van die ulnêre kollaterale ligament ontstaan met oorbruik of wanneer die spiere wat die elmboog stabiliseer uitgeput word.

Simptome

Pasiënte sal kla van pyn oor die inplanting van die ulnêre kollaterale ligament op die ulna. Daar mag swelling van die gewrig teenwoordig wees, kneusing en 'n verlies aan elmboogbeweging. In skeure wat skielik ontstaan sal 'n klap wat gevoel of gehoor word in die elmboog wanneer dit plaasvind. Atlete wat gooi sal kla van 'n verlies aan snelheid en beheer van die gooiproses.

Klassifikasie

Skeure word gediagnoseer met kliniese ondersoek. Die chirurg sal druk op die ligament en sodoende pyn uitlok. Swelling en bewegingsverlies word opgemerk in die elmboog. 'n Melk-tipe beweging of bewegingstrestoets wat ontwerp is om hierdie ligament aan te span veroorsaak pyn. X-straal foto's is gewoonlik normaal maar in erge gevalle kan stres X-straal foto's van die elmboog verwyding van die gewrigspasie aandui. 'n MRI mag 'n skeur aandui veral as dit in 'n trauma situasie ondersoek word of as daar vloeistof in die gewrig is. Skeure wat sonder trauma ontstaan soos in atlete wat gooi kan normaal lyk op MRI. Wanneer kleurstof in die gewrig ingespuit word voor MRI kan die kans op aandui van die skeur met hierdie ondersoek verbeter word.

Behandeling

Nie-operatief

Meeste pasiënte kan behandel word met nie-operatiewe behandeling deur rus, ys, anti-inflammatoriese medikasie en fisioterapie. 'n Stut of sling kan voorgeskryf word vir gerief. Aktiwiteit kan hervat word wanneer normale omvang van beweging en krag herstel is.


Operasie

Vir gooi-atlete wat met hulle beroepe wil voortgaan word chirurgie aanbeveel. Die chirurg sal 'n rekonstruksie doen van 'n nuwe ligament met tendon wat in die voorarm geoes word. Die tendon word verwyder en 'n tonnel word geboor aan beide kante van die elmboog waar die ou ligament vasheg. Die tendon word dan gevoer deur hierdie tonnel wat op homself geheg word of word in plek gehou deur 'n skroef. 'n Spalk word aanvanklik aangewend tesame met fisioterapie wat gemik is op behoud van beweging van die elmbooggewrig.

Meer Inligting

Artikel: https://www.orthoinfo.org/en/diseases--conditions/recurrent-and-chronic-elbow-instability

Ulnar Collateral Ligament Rupture Dokument

Ulnar Collateral Ligament Rupture (pdf)Download

Dr JS Kirsten Incorporated

See Outcome of Request and of Fees Payable Form and Request for Access to Record Form on Home Page

Copyright © 2024 Dr JS Kirsten Inc - All Rights Reserved.

This website uses cookies.

We use cookies to analyze website traffic and optimize your website experience. By accepting our use of cookies, your data will be aggregated with all other user data.

Accept